SQLSTATE[HY000]: General error: 144 Table './aatc/tiger_page_view' is marked as crashed and last (automatic?) repair failedOntmoet die Sagte Reuse - Knysna - Jou Verblyf

Ontmoet die Sagte Reuse - Jou Verblyf
Knysna, Tuinroete

Vir ’n unieke ervaring is daar ook die Elephant Lodge waar reisigers ’n aand kan spandeer in ’n kamer gebou binne die olifant se slaap kwartiere.

Jou Kamer

Luukse kamers
Die “Harry” kamer by Knysna Olifant Park slaap 2 mense in ’n dubbelbed. Daar is ’n klein yskas, spa bad, stort en ’n privaat patio met ’n uitsig oor die park. Die “Sally” kamer akkommodeer ook twee mense in twee enkelbeddens. Dit het het ’n klein yskas, spa bad, stort en ’n privaat stoep met ’n uitsig oor die park. Die “Keisha” kamer slaap 2 – 4 mense in tweelingbeddens met ’n uittrekbank vir die kinders. Daar is ’n klein yskas, spa bad en stort.

Standaard Kamers
Die “Thandi” en “Shaka” standaard kamers kan elk 2-4 mense akkommodeer en bestaan uit tweelingbeddens met ’n uittrekbank vir die kinders. Daar is ’n klein yskas en stort.

Familie Eenhede
Die “Nandi” familie eenheid slaap 5 (4 grootmense en 1 kind). Dit het 2 slaapkamers (1 dubbel en 1 enkel), met ’n klein kombuis en bank wat ook as ’n bed gebruik kan word  (slegs gepas vir ’n kind). DSTV is beskikbaar en daar is ’n badkamer met ’n bad en stort.

Daar is ’n gemeenskaplike ontspanningsarea van waar jy die olifante kan observeer. Daar is ook ’n restaurant op die perseel met ’n vaste spyskaart vir ontbyt vir oor-slaap gaste.