Rustige en Vriendelike Omgewing - Aktiwiteite
Kariega Wildreservaat, Oos-Kaap

Tydens jou besoek aan Kariega Main Lodge kan jy twee daaglikse wildbesigtigingsritte geniet in die gemak van ’n opelug safari voertuig.

Wildbesigtiging

Wildbesigtigingsritte, afhangend van die seisoen en die weersomstandighede, vind oor die algemeen vroeg in die oggend en laat in die middag plaas.

By hierdie safari lodge in die Kariega Wildreservaat vind nabye besigtigings van leeu, olifant en ’n verskeidenheid ander wild en voëls gereeld plaas. Jou gids sal vir jou meer oor die wild se optrede vertel om jou te help om hulle beter te verstaan, veral omdat wildbesigtigingsritte ’n fokuspunt by Kariega Main Lodge is.

In die roofdier-vrye afdeling van die reservaat kan jy veilig tussen die meer as 25 spesies wild en verskeidenheid voëls op een van die staproetes loop. ’n Begeleide wild wandeling is altyd ’n gunsteling vir fiksheid fanatikusse en bied ongelooflike fotografiese geleenthede vir fotografie liefhebbers.

Vervang een van jou vroeg oggend wildbesigtigingsritte met ’n asemrowende bootrit in die “Kariega Koninging” op die Kariega Rivier. Jy kan jou eie visvang toerusting saambring en bietjie die water toets.

Kinders op Safari

Kariega Main Lodge verstaan dat familie tyd kosbaar is en daarom is kinders van alle ouderdomme welkom om saam met hul ouers op die wildbesigtigingsritte te kom. Kinderopassers is ook beskikbaar indien nodig. Gedurende die dag word opvoedkundige en genotvolle kinderprogramme aangebied.

Hierdie programme sal kinders besig hou en moontlik ook ’n belangstelling in wildlewe en die natuur wakker maak. Die speelarea is ideaal vir slegte weer of aande wanneer ouers bietjie alleen wil ontspan. Die kamer het ’n televisie met wildlewe DVD’s om te kyk. Boeke, puzzels, bordspeletjies en inkleurboeke sal die kinders besig en gelukkig hou. Daar is ook ’n tafeltennis tafel vir die ouer klomp.

Bos Etes

By Kariega Main Lodge word alle maaltye in ’n buffet-styl bedien. Die buffet bestaan uit heerlike, vars voorbereide plaaslike spesialiteite wat deur ’n passievolle kombuis span voorberei word. Maaltye word óf in die restaurant óf in die buitelug boma, waar die talentvolle personeel gaste met tradisionele liedjies vermaak, bedien.

’n Elegante kroeg met ’n groot verskeidenheid wyn, bier en sterker drank is op die perseel beskikbaar en spesiale dieët voorkeure kan met voorafgaande kennis na omgesien word.