Rustige en Vriendelike Omgewing
Kariega Wildreservaat, Oos-Kaap

Kariega Main Lodge is ’n luukse safari lodge in die Oos-Kaap, heerlik vir families, vriende en paartjies wat saam toer.

Hoogtepunte

Luukse, afgesonderde houthuise met besigtigingsdekke weggestek tussen die bosse en bome
Elke huisie het ’n privaat ontspanningsarea en leefarea
Twee daaglikse wildbesigtigingsritte
Kanoe avonture, bootritte en bos wandelinge
Kinders van alle ouderdomme is welkom met daaglikse kinder programme

Jou Ervaring

As jy opsoek is na ’n luukse, tog egte safari wegbreek, sal Kariega Main Lodge al jou verwagtinge oortref. Die lodge, geleë in die malaria-vrye Kariga Wildreservaat, het hope wild besigtinge en ’n oorvloed voël spesies. Hierdie luukse safari lodge in die Oos-Kaap is ’n wel bekende voëlkyk bestemming. Die oomblik wanneer jy by Kariega Main Lodge aankom, word jy soos familie verwelkom deur vriendelike en hard werkende personeel, wie ten volle toegeweid is om jou verblyf so genotvol as moontlik te maak.

Die kos is uit die boonste rakke, liefdevol voorberei deur ’n erkende sjef en kombuispersoneel. Die houthuisies het almal ’n groot, privaat houtbesigtigingsdek (sommige met ’n swembad ook) wat jou toelaat om ongesteurde uitsigte van die Kariega rivier vallei te geniet.

Beide die hoof lodge, asook die onderskeie suites is smaakvol opgemaak met dekor wat tot die algehele atmosfeer van die lodge bydra. Kariega Main Lodge bied aan families, vriende en paartjies wat saam toer ’n rustige en verwelkomende omgewing waar hulle ’n Suid-Afrika bosveld ervaring ten volle kan geniet.