Rustige en Vriendelike Omgewing - Jou Verblyf
Kariega Wildreservaat, Oos-Kaap

Kariega Main Lodge bestaan uit houthuises wat elk ’n groot, privaat besigtigingsdek (sommige met privaat swembad) het, en bied jou ongesteurde uitsigte oor die Kariega rivier vallei.

Jou Kamer

Al die slaapkamers is lugverkoel en het en-suite badkamers, televisie met sateliet kanale, ’n haardroeër, kluis en tee- en koffie fasiliteite. Daar is ook internet konneksie beskikbaar vir gaste wat met hul familie en vriende regoor die wêreld in kontak wil bly.

Lodge Fasiliteite

Op ’n warm dag kan jy heerlik lanks die swembad gaan ontspan, maar jy kan ook op enige dag by die spa met ’n behandeling van jou keuse gaan ontspan. Kariega Main Lodge het ’n spa op die perseel wat uit twee behandelingskamers, insluitend ’n kamer vir paartjies behandelinge, bestaan.