Hierdie luukse akkommodasie in die private Kapama Wildreservaat bied jou die beste wildbesigtigingsgeleenthede aan.
Tydens jou verblyf by Jabulani kan jy verwag om ’n verskeidenheid wild te aanskou. ’n Professionele gids sal jou in die bosveld op jou wildbesigtigingsrit vergesel. Boon-op die Groot Vyf noem die jagluiperd, gespikkelde hiëna, kameelperd, sebra en meer 350 voëlspesies die area huis. Jabulani verstaan dat geen gaste dieselfde behoeftes het nie en daarom kan jou safari vakansie tot jou voorkeur aangepas word. Dit is jou keuse om ’n uur langer in die bos, of ’n uur langer in die bed te spandeer.
’n Gewapende gids en spoorsnyer sal jou in die bos in vergesel op hierdie opwindende safari te voet. Die bos wandelinge by Jabulani gee gaste die geleentheid om die reuke en geluide van die bos te voet te beleef. Tydens hierdie staproetes sal jy meer leer oor die verskillende plante en bome. Die spoed van die stap word tot jou fiksheidsvlak aangepas en die diere word te alle tye gerespekteer met veilige afstande.
Jabulani gee jou die geleentheid om sommige van die inwonende olifante te ontmoet. Tydens die ontmoetings kan jy die olifante voer en versigting aan hul raak. Die wildbewaarders sal jou meer vertel oor elkeen se storie. Die res van die dag het die olifante weer die geleentheid om na hartelus in die Kapama Wildreservaat rond te loop.
Die Hoedspruit Sentrum vir Bedreigde Spesies is omtrent 30 minute vanaf Jabulani geleë. Gaste kan met gemak ’n dag toer na die rehabilitasie sentrum onderneem vir die geleentheid om meer te leer oor Afrika se bedreigde spesies.