Uitsonderlike Olifant Ontmoetings
Kapama, Groter Kruger

Jabulani, vernoem na die eerste olifant gered deur die eienaars, is betrokke by wildrehabilitasie en bied luukse akkommodasie in die private Kapama Wildreservaat aan.

Hoogtepunte

Privaat plonspoele en dekarea met ’n bosveld uitsig
Geakkrediteerde Relais & Chateaux eiendom 
Wildbesigtigingsritte en bos-wandelinge tot jou voorkeur aangepas
Ontmoet en observeer die olifant troppe
Besoek aan die Hoedspruit Bedreigde Spesie Sentrum

Jou Ervaring

Jabulani bied gaste die geleentheid aan om die inwonende olifant troppe te ontmoet en te observeer. Jubulani word besit en bestuur deur die Roode familie, wat 'n lang geskiedenis in die Suid-Afrikaanse wild gemeenskap het. Jabulani is betrokke by wildrehabilitasie en bied ook luukse akkommodasie in die private Kapama Wildreservaat aan. Lente Roode is die stigter van Hoedspruit se sentrum vir Bedreigde Spesies, ’n sentrum wat betrokke is by die red en sorg van geredde en bedreigde diere in Suid-Afrika.

Hoedspruit se Sentrum vir Bedreigde Spesies het as inspirasie gedien vir die stigting van Jabulani. Die Camp bied jou die geleentheid aan om die inwonende olifante te ontmoet, sodat jy kan sien dat elkeen van hierdie magiese maar bedreigde diere ’n unieke persoonlikheid het.

Tradisionele wild ekskursies word ook twee keer ’n dag by Jabulani aangebied. Hier kan jy die spore van leeu, luiperd, buffel en renoster volg. By die naby geleë Sentrum vir Bedreigde Spesies kan jy die inwonende jagluiperds ontmoet. Tydens jou verblyf by Jabulani is daar ook die geleentheid om ’n warmlugballonvaart te onderneem, of ’n ontspannende spa behandeling te geniet.

Daar is ’n kuns gallery op die perseel wat plaaslike Suid-Afrikaanse kuns, asook ’n seleksie van Suid-Afrikaanse juwele uitstal. Jabulani is ’n geakkrediteerde Relais & Chateaux eiendom – goeie nuus vir kosliefhebbers. Gaste wat graag ’n glasie wyn geniet, kan die private wynkelder besoek.