iSimangaliso Vleiland en Vleie

Die Plek van Wonderwerke

©Roger de la Harpe
Wat voorheen bekend was as KwaZulu-Natal se “Greater St Lucia Wetland Park”, is amptelik herdoop as iSimangliso, ‘plek van die wonderwerke’, soos dit genoem word deur die plaaslike inwoners – en wat ‘n gepaste naam is dit nie. Die park het uitstekende biodiversiteit, met mariene, kus, vlei, estuariene, woud, moeras, savanna en grasland ekosisteme, tesame met al die natuurlewe wat daarmee gepaard gaan – van haaie en krokodille tot arende en renosters. Ook in iSimangaliso is die St Luciameer, die grootste binnelandse watermassa in Suid-Afrika en Afrika se mees suidelike koraalriwwe.

Sibayameer

©Roger de la Harpe
Die nuwe benoeming en herbenoemingsmode wat in ons land posgevat het, kan met tye nogal verwarring veroorsaak, met pre-koloniale name wat oor die algemeen koloniale name vervang, en dan is daar ook sommige name wat elke keer verander as ‘n nuwe kaart tevoorskyn kom. (Umfolozi/uMfolozi/Mfolozi/Mfolosi/Imfolosi as ‘n voorbeeld). Daarom mag dit wees dat die huidige, nuwe ‘korrekte’ naam vir die grootste natuurlike meer in Suid-Afrika ‘Sibayi’ is, eerder as ‘Sibaya’.
Hoe dit ookal sy, hierdie Zoeloelandse meer is vol vis, seekoeie en krokodille. As die son sak en die visarende en die kuifreiersvlieg oor die water om te gaan slaap teen die oewers in die duinebosbome, en die seekoeie begin mekaar stamp terwyl hulle ‘gaap’, is die tablo wat afgeëts is in swart en donkerrooie, een so reg uit die Pleistoseentydperk, voordat ons ons klippe ingeruil het vir 4X4’s en rekenaars. Dit kan die beste gesien word vanuit ‘n kanoe, waarna ‘n mens aan wal gaan waar die goeie plaaslike mense van die plaaslike ‘lodge’ ‘n tafel gedek en ‘n tydelike kroegie opgeslaan het.

Ku-Hlangemeer

©Roger de la Harpe
Eers bekend as die Kosimeer, is die Ku-Hlangemeer in der waarheid een van ‘n reeks aaneengeskakelde kuslagunes wat bekend is vir die vislokvalle van stokke wat deur die Tsongamense gebruik word om vis te vang. Die strukture is werklik besonders omdat hulle vis deur ‘n aantal ‘waterkrale’ gelei tot in groot, heksehoedvormige lokvalle. Die lokvalle is ekologies vriendelik en laat kleiner vissies en ander akwatiese organismes toe om te ontsnap. Hulle is van plaaslike hout gemaak en vasgebind met die blare van die raffiapalms wat in die omgwing groei.
Die lokvalle word oorgegee van vader na seun, soos dit al vir ongeveer 700 jaar gedoen is deur die Ngunimense wat in daardie ekonomies-agtergeblewe omgewing gewoon het. Die meer vorm die mees noordelike gedeelte van die iSimangaliso Moerasland Park en die mond lê net 3 km suid van die Mosambiekse grens.

Translated by Elna Van Rhyn