Hoekom Organies Boer?

© Participatory Guarantee Systems SA

Die huidige voedsel en finansiële krisis wêreldwyd het die onvermoë van die chemiese model van landbou om honger en armoede te verlig, gedemonstreer. Die chemiese industriële model van landbou dra by tot aardverwarming en die vernietiging van ons bio-diversiteit en natuurlike hulpbronne soos water en grond. Verder het hierdie vorm van monokultuur (die plant van slegs een gewas) ook gelei tot vernietiging van tradisionele of inheemse metodes van landbou.

‘n Weerstandsbeweging is besig om te groei in die wêreld - ‘agro-ekologiese landbou’ word voorgestel en geïmplementeer as ‘n alternatief tot die gebruik van chemiese middels. Dit doel is ook om boere te bemagtig om beheer te neem van hul natuurlike bronne en dus die omgewing op ‘n volhoubare manier te bestuur. Organiese boerdery het egter ‘n sekere vorm aangeneem waar sertifisering tesame met ‘n premie vir die verbouing van produkte, die sleuteloorwegings is.

Hierdie vorm van “organiese” boerdery beweeg na die industriële model van landbou waar wins die hoofdoelwit is. Organiese boerdery is Suid-Afrika is vol teenstrydighede. Een van die kwessies is sertifisering wat teenstrydig is met die beginsels van agro ekologie en in die meeste gevalle onbekostigbaar is vir baie kleinskaalse boere. Organisasies in Suid-Afrika, Indië en Brasilië kyk na alternatiewe soos die Deelnemende Waarborg Sisteem (Eng: PGS) waar boere self die agro ekologiese of organiese aard van hul produksie waarborg. Hierdie sisteem neem die (duur) derde-party sisteem van sertifisering weg en plaas boere sentraal in die sertifisering of waarborg sisteem.

PGS word wêreldwyd beskou as ‘n alternatief tot derde-party sertifisering en is geskik vir kleinskaal produsente. Organiese boerdery is dus die produksie van plante en diere in harmonie met die natuur, sonder die gebruik van skadelike chemiese middels en deur eerder gebruik te maak van die natuurlike hulpbronne vir bv. groeistimulante, plaagbeheer en grondverbetering.

Die resultaat is organiese produkte vry van chemikalieë en hormone en met ‘n hoër vitamien-inhoud wat geen geneties-gemodifiseerde organismes (GMO’s) bevat nie - dit is plante, diere of mikrobes wat gene bevat wat verander is of wat oorgedra is vanaf ander organismes of spesies.

Translated by Ananda Schoeman