Herstel jou Energie - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

Lion Sands Tinga Lodge se gaste kan uitsien na ’n besonderse wildkyk ervaring. 

Wildbesigtiging

Hierdie gebied in die suide van die Kruger Nasionale Park is bekend vir uitstekende wildbesigtigings, van troppe olifante wat loop en wei in die rivierbeddings tot by die omgewing se trop leeus. Safari's word twee keer per dag aangebied met wildritte in Land Rovers wat oop is aan die kante met ’n dak om die hitte van die son in die dag te keer.

Elke oggend na n laat ontbyt het jy ook die geleentheid om op ’n rustige een uur lange stap in die bos saam met ’n gewapende veldwagter en spoorsnyer te gaan. Die professionele gidse is almal passievol oor die bos en dit is duidelik te sien uit die duisende stories en inligting wat met gaste gedeel word.