Herstel jou Energie
Kruger Nasionale Park

Die uitsonderlike diens en luukse akkommodasie by Lion Sands Tinga Lodge geleë in die Nasionale Krugerwildtuin verseker ’n eksklusiewe safari ervaring.

Hoogtepunte

Kyk uit oor die Sabie rivier waar die diere kom drink 
Akkommodasie in 9 suites langs die 
Sabie rivier 
Uitstekende wildkyk gebied

Jou Ervaring

Een van Afrika se voorste safari-bestemmings, die Tinga-konsessie met die naam Lion Sands Kruger Nasionale Park in die Nasionale Krugerwildtuin, bied ’n safari wat die kombinasie van luukse, eerste klas diens en uitstekende wildbesigtiging is. Die 9 onberispelike suites langs die Sabie rivier het privaat houtdekke wat ’n ongelooflike uitsig oor die bos bied.

By Lion Sands Tinga Lodge word gaste bederf, van romantiese kersligetes tot ’n opwindende bos ontbyt en die personeel weet net hoe om iemand te laat voel soos ’n koninklike. Jy kan selfs ’n boomhuis-ervaring kies en onder die sterre slaap sonder om enige gerief prys te gee.

Die kombinasie van eksklusiwiteit, eerste-klas diens en uitstekende wildbesigtiging maak hierdie verblyfplek die perfekte bestemming vir ’n romantiese vakansie en vir mense wat die fyner dinge in die lewe waardeer.

Kinderbeleid: Kinders ouer as 6 jaar oud is welkom.