Herstel jou Energie - Jou Verblyf
Kruger Nasionale Park

Lion Sands Tinga Lodge bied akkommodasie vir ’n totaal van 18 mense aan in 9 onberispelike suites met privaat houtdekke wat ’n ongelooflike uitsig oor die bos bied en langs die Sabie rivier geleë is.

Jou Kamer

Hierdie ekovriendelike grasdak suites is gebou van hout en is 10-15 meter van mekaar af wat ten alle tye privaatheid verseker. Elke lugversorgde suite het ’n privaat houtdek wat oor die Sabie rivier uitkyk om ’n uitstekende wildbesigtigings geleentheid te verseker en ’n plonspoel.

Vir ’n meer intieme en onvergeetlike safari-ervaring is ’n aand se verblyf in een van die boom huise ’n moet. Die personeel gaan daarop uit om dit ’n gerieflike privaat vyfster verblyfplek ervaring onder die sterrehemel te maak.

Die hoof verblyfplek het ’n gemaklike sitkamer wat oopmaak op ’n ruim dek en afloop na die rivier asook ’n sentrale swembad en boma waar gaste heerlike etes langs ’n knetterende vuur kan geniet.