Hartmann's Mountain Zebra
Hartmann se bergkwagga

© Peter Delaney

Naam

Hartmann se bergkwagga (Equus zebra hartmannae) of ook bekend as Hartmann se bergsebra.

Voorkoms

Daar is geen beduidende verskil tussen die geslagte nie, behalwe dat die hingste swaarder is en gemiddeld 298 kg weeg in vergelyking met die 276 kg merries. Volwasse hingste ouer as sewe jaar oud kan tot 343 kg weeg. ’n Volwasse hings het ’n skouerhoogte van 1.5 m, met ’n stertlengte van 500 mm en hulle ore is 280 mm lank. Om die rotsagtige berghange makliker te hanteer, groei die hoewe van hierdie spesie uiters vinnig. Die verskil tussen hierdie spesie en die Kaapse bergkwagga is hoofsaaklik die grootte, laasgenoemde is effens kleiner. Hartmann se bergkwagga se ligte strepe is ook wyer as dié van die Kaapse bergkwagga.

Dieet

Soos alle diere van die Equidae familie loop hulle heeldag en wei. Die wei patroon is geneig om die kontoere van die terrein te volg en is ’n voorwaartse sigsag patroon.

Voortplanting

Dit voortplanting is nie seisoenaal nie aangesien die vullens enige tyd van die jaar gebore kan word, maar daar is ’n toename gedurende die reënseisoen. Merries vul vir die eerste keer op drie jaar oud. ’n Vul weeg 25 kg by geboorte. Dratyd is omtrent 12 maande. Die vulletjies het ’n hoë oorlewing syfer waarskynlik omdat die volwassenes in die trop hulle teen roofdiere beskerm. Hingste is teen ongeveer drie jaar oud seksueel volwasse.

Sosiale gedrag

Binne die populasie is daar twee afsonderlike sosiale groepe, naamlik teel groepe en groepe met alleenlopende hingste. ’n Teelgroep bestaan uit ’n enkele hings met ’n aantal merries, laasgenoemde met ’n afsonderlike sosiale hiërargie.

Habitat

Soos die naam aandui, is die Hartman se bergkwagga aangepas vir rotsagtige berg omgewings waar hulle op permanente waterbronne en ’n voldoende verskeidenheid en hoeveelhede gras staatmaak om die teel populasies te onderhou.

Verspreiding

Hartmann se bergkwagga word in die westelike halfdroë gebiede van Namibië gevind, waarvandaan dit ook tot in Angola strek. Dit het ’n verspreiding vanaf die Kunene provinsie suidwaarts en ietwat ooswaarts. Tans word die populasie op 13 000 beraam.

Speentyd

10 maande

Seksuele volwassenheid

2 jaar

Lewensduur

Ten minste 25 jaar

Bedreigde status

Die Hartman se Bergkwagga word geklassifiseer as bedreig, met beide E. z. Hartmannae en E. z. Sebras wat onder dieselfde klassifikasie val.

Veldnotas

Daar is ’n sterk gedagtegang deur sommige natuurbewaarders dat die Kaapse bergkwagga en die Hartmann se bergkwagga as aparte spesies geklassifiseer moet word as gevolg van die habitat differensiasie, maar die genetika bewys dat die twee baie nou verbind is.