Grey Plover
Grysstrandkiewiet

Naam

Grysstrandkiewiet

Familie

Charadriidae

Latynse naam

Pluvialis squatarola

Lengte

30 cm

Habitat

Enkel of in swerms op getyvlaktes, afgesonderde seestrande; af en toe binnelands.

Migrasie

Hy is ʼn somer migrant vanaf die Palaearctic na soutwater moerasse, gety-modder vlaktes en strandmere. Verder aan, op die warmer weskus, sal hulle deur die winter bly.

Roep

Hul roep is 'n aangename, ver-draende 'tlui-tlui'.

Voortplanting

Die grysstrandkiewiet broei nie in die suidwestelike Kaap nie.

Volwasse voorkoms

Die grootte, die hoë voorkop, kort snawel en lang bene onderskei hierdie kiewiet van ander waadvoëls. In die somer is die borskant van die ken tot by die laer maag heeltemal swart, begrens deur 'n breë wit streep; die rug is donkerder sodat die wit merke helderder vertoon. Swart kolle verskyn eerste op die bors en maag.

Status

Algemene somer besoeker, sommiges die hele jaar.

Verspreiding

Kom voor langs die hele suidwestelike Kaapse kus.