Geniet Pragtige Berguitsigte - Aktiwiteite
Giants Castle Reservaat, KwaZulu-Natal

Giant’s Castle Reservaat is die tuiste van verskeie spesies wild, insluitende die almagtige eland, asook die rooikat, bobbejaan, en rooiribbok.

Voëlkyk en Wildlewe

Die kamp het ’n mooi onderhoue tuin wat verskeie voëlspesies lok. Wanneer jy uitgaan om die area te ontdek, sal jy by die aasvoël- en lammergeyerskerms ’n nadere blik van die verskeie roofvoëls wat in die lug rondsweef kan sien.

Wandelpadjies/Staproetes

Giant's Castle Reservaat is geleë op ’n grasvlakte plato in die middel van ’n diep vallei. Die wandelpadjies en staproetes bied ’n uitstekende uitsig van die area. Kies tussen daglange staptoere of wandelpadjies wat wissel van maklik tot moeilik. Meeste van die roetes kan vanaf die kamp onderneem word, insluitende die half-uur, maklike stap tot by die hoof grot en San museum. ’n Begeleide toer van die museum is elke uur, op die uur beskikbaar.

Giant’s Castle Reservaat se oornag staproetes gaan diep in die woud van die area in en op met die hoof koppie. Sommige van die roetes het verfrissende rotspoele langs die pad waarin jy vinnig kan afkoel voordat jy verder stap. Gaste wat op die lang staproetes uitgaan moet registreer en op die afgemerkte roete bly. Wees asseblief daarvan bewus dat gaste nie toegelaat word om tydens hul stap enige plante seer te maak of uit te haal nie. Dit word streng verbied en oortreders sal vervolg word.

Rotskuns

Tydens jou verblyf by hierdie akkommodasie in die Drakensberg het jy die voorreg om antieke San rotskuns te aanskou. Die Main Cave Museum is waar meeste van die voorbeelde aan die publiek uitgestal word. Die eerste inwoners van die Drakensberg was die San mense, wat ’n rondtrek-lewe gelei het en hierdie rotskuns in hul grotte geverf het. Die rotskuns is uitbeeldings van hul daaglikse lewe, veral hul jagtogte van verskeie diere.

Pieknieks

Daar is verskeie piekniek-plekke op die reservaat versprei. ’n Gedetaileerde kaart van Giant’s Castle Reservaat kan by ontvangs gekoop word. Gaste kan die kaart gebruik om plekke te identifiseer waar hulle graag ’n middagete wil geniet. Sommige van die plekke kan met ’n kar of te voet bereik word.