Geniet Pragtige Berguitsigte - Jou Verblyf
Giants Castle Reservaat, KwaZulu-Natal

Hierde akkommodasie in die Drakensberg bestaan uit die volgende opsies.

Jou kamer

2 Bed Chalets: Elkeen van hierdie chalets is en-suite en het ’n ontspanningsarea en eetarea, asook ’n toegeruste kombuis. Elke chalet het ’n vuurmaakplek en braai area. Al die beddegoed en handdoeke word voorsien. Eenheid nommer 8 staan bekend as 'Bride's Bush' en bestaan uit ’n dubbelbed en het ’n uitsig van die berg – ideaal vir ’n wittebrood suite.

4 Bed Chalets: Giant’s Castle Camp het ook chalets met twee slaapkamers met twee enkelbeddens beskikbaar. Hierdie chalets het ’n badkamer, ontspanningsarea en eetarea, asook ’n toegeruste kombuis. Elke chalet het ’n braai-area en ’n vuurmaakplek. Beddegoed, komberse en handdoeke word voorsien.

6 Bed Chalets: Daar is ook chalets by Giant's Castle Reservaat wat 3 slaapkamers, met twee enkelbeddens met twee badkamers, het. Die kombuis is ten volle toegerus en daar is ook ’n ontspannningsarea en eetarea in elke eenheid. Ingerig met ’n vuurmaakplek en braai-area. Beddegoed, komberse en handdoeke word voorsien.

Grot Akkommodasie: Daar is twee grotte by Giant's Castle Reservaat waarin gaste kan bly. Giant’s Cave slaap agt en Bannerman Grot slaap ses mense. Bespreek asseblief vroegtydig.

Geriewe

Piekniekplekke
Ablusies
Ontvangsarea
Veilige parkering
Klein nabye winkel
Aandenkingswinkel met basiese benodighede
Restaurant op die perseel