Geniet Pragtige Berguitsigte
Giants Castle Reservaat, KwaZulu-Natal

Giants Castle Reservaat bied self-sorg akkommodasie met ’n berguitsig, oorvloed staproetes en geleenthede om San rotskuns te sien.

Hoogtepunte

Oorvloed voël- en plantspesies
Berguitsig
Self-sorg akkommodasie (en oornag in grotte)
Self-geleide staproetes
Antieke San rotskuns

Jou Ervaring

Giant’s Castle Reservaat is geleë in die sentrale area van die uKhahlamba-Drakensberg Park - ’n Wêreld Erfenis Gebied - in die provinsie van KwaZulu Natal, Suid-Afrika. Die reservaat se naam is afgelei van die groot rotsformasie wat hoog bo die lodge uitsteek. Wanneer hierdie rotsformasie in silhoeët aanskou word, lyk dit soos die profiel van ’n reus.

Die area van Giant’s Castle Reservaat het uitstekende staproetes. Die prentjiemooi panoramiese uitsig kan op hierdie staproetes waardeer word. Oornag staproets en dag wandelinge in die berg sorg vir ’n digitale ontsnapping en wegbreek van die moderne dag-tot-dag lewe.

Giant’s Castle Reservaat bied gerieflike, self-sorg akkommodasie in die Drakensberg aan. Jy sal toegang hê tot ’n aantal addisionele aktiwiteite soos forel vang (vang-en-laat gaan), piekniek, kamp en swem. Gaste wat nie in die bui is om te kook nie kan by die Izimbali Restaurant en kroeg aansit en hul spyskaart van heerlike maaltye in die warm en ontspanne atmosfeer geniet.

Die area spog met San rotskuns en ’n museum waar jy meer oor hierdie antieke gemeenskappe kan leer. Twee grotte in Giant’s Castle Reservaat is toegeskryf aan een aand uit-slaap avonture – ’n geleentheid vir gaste om te slaap soos in die dae van die San. ’n Intieme ervaring met die natuur binne ’n ongerepte landskap.

Dink jouself in hoe dit moet voel om wakker te word en die dag te groet terwyl die son oor die berg opkom...