Geslag Verdeling Onder die Ndebele

© Dr Peter Magubane

Sterk Patriargale Houdings

Sterk patriargale houdings en praktyke is duidelik in die Ndebele gemeenskappe. Meer as baie ander groepe, beoefen die Ndzundza mans - veral dié wat afkomstig is van van hoofmanne - poligamie. Die mag en gesag van patriarge is afkomstig aan die tydperk wat hierdie mans as huurarbeiders op wit plase gewerk het. Eise vir familie arbeid is gekanaliseer deur middel van die manlike hoof van die gesin, wat sy gesag versterk het.

Met die wegbeweeg van die wit plase, het baie mans hul eie besighede as taxibestuurders of bouers begin, in teenstelling met die werk op die myne of in die industrie soos hulle Pedi bure vir baie jare gedoen het. Die vroue van KwaNdebele sal vir jare werk as huisbediendes in Pretoria en dan terug huis toe gaan om huis op te sit en na die kinders te kyk terwyl hulle deur hul mans ondersteun word. Die maak en verkoop van kralewerk, matte, poppe en ander handwerk het ook voorsien gemaak vir sommige Ndebele vroue om 'n onafhanklike bestaan te voer ​​- beide diegene wat internasionaal bekend is soos Esther Mahlangum, en dié met meer nederige aspirasies.

Translated by Wilma Koeppen