Toe die Pedi van Maroteng op hulle magtigste was, onder leiding van Thulare (ongeveer 1790 -1820), het hulle gereelde en suksesvolle klopjagte op die omliggende stamme uitgeoefen. Hulle het 'n uitgebreide gebied wat strek vanaf die terrein van hedendaagse Rustenburg in die ooste tot die Laeveld in die weste en wat suid strek tot by die Vaalrivier (die distrikte wat vandag bekend is as die Waterberg en Soutpansberg) onder die mag van die Pedi gebring.
Die Pedi het in getalle en krag gegroei, en al hoe meer bure by hulle gebied ingesluit. Onder die kragtige Thulare het die Pedi ryk floreer en Maroteng hegemonie het sy hoogste punt bereik. Thulare se invloed was sodanig dat hy selfs as die geestelike leier van omliggende groepe gedien het wat nie onder direkte Pedi beheer was nie. In 1824 met Thulare se dood het die oudste van agt kinders, Malekutu, hom opgevolg en gepoog om voort te gaan met die uitbreiding van die invloed van die Pedi.
Soos die legende dit wil hê het Malekutu se kapteinskap van die Pedi nie so lank geduur nie omdat hy deur een van sy broers vergiftig is. Die Pedi was in wanorde toe die Nguni stropers uit die suide toegeslaan het. Geskiedkundiges is verdeel oor die vraag of die aanvallers die Matabele was onder leiding van Mzilikazi of 'n Ndwandwe faksie onder leiding van Zwangendaba wat weg gebreek het van Zwide na sy nederlaag teen Shaka.
In ieder geval was die Pedi oorweldig en al Thulare se seuns, met die uitsondering van Sekwati, is doodgemaak. Die Nguni stropers het omtrent vir 'n jaar gebly, waartydens hulle al die gewasse wat hulle kon geoes en die land van vee gestroop het. Baie omliggende groepe se situasie was benard en daar word volgens hedendaagse mondelinge bronne geglo dat hulle hulle toevlug tot kannibalisme geneem het.
Sekwati het oor die Olifantsrivier gevlug, met oorblyfsels van die Pedi nasie wat hy kom insamel. Vir vier jaar het hulle hul toevlug geneem in die naburige en verwante stam van Ramapulana. Hulle het periodieke strooptogte teen klein nedersettings uitgevoer, waartydens hulle vroue en beeste gevang en ontvoer het.
Uiteindelik het Sekwati weer die Olifantsrivier gekruis en sy hoofkwartier by Phiring gestig. Stadig maar seker het hy die verspreide elemente van die Pedi-groep bymekaar gebring en die Maroteng weer as die oorheersende groep in die gebied gevestig. Hy het daarin geslaag om aanvalle van beide die Swazi en Zulu te weerstaan deur weg te trek na die omliggende berge en uiteindelik sy hoofstad by Téate onder die oostelike helling van die Leoloberge te vestig.
In 1845 het die Boer leier Hendrik Potgieter hom oos van Steelpoort gevestig, waar hy die hedendaagse Ohrigstad gestig het. Op 5 Julie van daardie jaar het Potgieter en Sekwati 'n verdrag onderteken waar Sekwati vir Potgieter die titel om hierdie stuk land toegestaan het. ʼn Ongemaklike vrede het tussen die Pedi en die toenemende aantal Boere ontstaan wat onderbreek is deur gereelde strooptogte van die beeste deur die Pedi en die Boer se teenaanvalle. Die Pedi se toegang tot wapens het teen hierdie tyd uitgebrei. Die opperhoof het begin om groepe jong mans vir werk as arbeidsimmigrante na die Kaap, Delagoabaai en na die diamantvelde in die Noord-Kaap te stuur.
Teen die 1870s het elke man met sy terugkeer van die werk sowat £1 aan die Hoofman betaal, wat gebruik is om gewere en ammunisie te koop. Na Sekwati se dood was daar geskille tussen twee van sy seuns, Sekhukhune en Mampuru, oor die opvolging van die oppergesag. Dit is vererger deur die teenwoordigheid van die Boere wat 'n bedreiging was vir die voortsetting van die Pedi se gesag in die gebied.
Sekhukhune se uiteindelike sukses om hierdie geskille te beheer en die vestiging van sy legitimiteit as erfgenaam was sigbaar in sy vermoë om regimente van strydvegters uit die kapteinskappe ondergeskik aan sy groep te beveel om opstande deur ander leiers wat nie meer tevrede was met sy heerskappy nie te onderdruk.
Sekhukhune het aanvanklik vriendskaplike betrekkinge met die Boere gehad, maar dit het toenemende versleg oor die stryd oor grond en arbeid totdat die Transvaalse Volksraad uiteindelik op 16 Mei 1876 oorlog verklaar het nadat hy van 'n gerug oor 'n dreigende Pedi aanval op die Boere-dorp van Lydenburg gehoor het. Die Boer aanvallers het 'n reuse nederlaag gelei. Twee maande later het Sir Theophilus Shepstone die Zuid-Afrikaansche Republiek namens die Britse kroon geannekseer, deels aangevuur deur die Boere se versuim om die Pedi aan hulle mag te onderwerp.
Na afloop van die Zoeloe-oorlog wat in Julie 1879 geëindig het, het Sir Garnet Wolseley (Hoë Kommissaris vir Suid-Oos-Afrika), vol vertroue dat Sekhukhune vir vrede sou dagvaar, beswarende omstandighede aangebied en Sekhukhune met 2 500 stuks vee beboet. Sekhukhune het hierdie terme geweier en Sir Garnet het 'n fors van vegters van sowat 12 000 mans, insluitend 8 000 Swazi krygers, gemobiliseer. Op 28 November 1879, na ernstige gevegte waarin meer as 1 000 Pedi krygers dood is, is Sekhukhune uiteindelik verslaan. Hy is in 'n grot waar hy weggekruip het gevang en in Pretoria in die tronk gesit. As gevolg hiervan is die Pedi ryk uiteindelik vernietig.
Translated by Wilma Koeppen