Flatworms

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Platwurm

Wetenskaplike naam

Pseudocerotidae

Grootte

Tot 30 cm, gemiddeld 10 cm.

Identifikasie

Plat, blaar-agtige, gladde liggame. Mantelrand het ‘n rand met ‘n valletjie. Twee klein neusholtes na-aan die rand van die kop. Kleur varieer van bruin gespikkeld, grys en groen tot helderonranje en swart. Sommige het vinger-agtige uitsteeksels op die liggaamsoppervlakte.

Algemene Inligting

Die Pseudocerotidae familie sluit parasitiese suigwurms en lintwurms in. Kan baie vining beweeg. Gebruik fyn haartjies of spiersametrekkings om op die seebodem te gly. Gebruik proboskus om prooi te vang. Dermkanaal eindig sonder anus. Liggaam is glad en word gebruik om suurstof uit teruil. Hermafrodities (kan manlik of vroulik optree). Kruisbevrug en lê stringe eiers.

Voeding

Leef van klein skaaldiertjies, wurms en weekdiertjies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Candy-striped flatworm - Prostheceraeus vittatus
Yellowspot flatworm - Thysanozoon nigropapillosum
Splendid flatworm - Pseudobiceros splendidus