Eiermarkte

© Chris Daly

Jy moet jou teikenmark identifiseer, voordat jy hoenders of toerusting koop. Weet wat die mark wil hê, wat dit bereid is om te betaal en die koste om hierdie produk te vervaardig. Jy moet jouself ook vergewis met die reëls en regulasies waaraan die produk moet voldoen. Die beste is om, soos met enige ander landbouonderneming, ’n mark te verseker voordat produksie begin.

Eierprodusente kan hul eie lêhenne (dit is wat jy hoenders noem wat eiers lê) produseer. Hulle kan ook die hoenders aankoop op hul lê-ouderdom van 18 tot 19 weke, afhangende van die ras. (Pluimvee word braaikuikens genoem van wanneer hulle uitgebroei het, tot wanneer hulle gereed is om eiers te produseer).
Dit is sinvol om die hoenders in te koop as die produksie groot gaan wees, aangesien die grootmaak van kuikens nogal moeilik is. Die kuikens moet gebalanseerde kos ontvang om te verseker dat hulle goeie gehalte eiers produseer. Lêhenne moet ook teen die belangrikste siektes ingeënt wees.

Lêhenne produseer gemiddeld, afhangende van die ras, die voël se dieet en klimaatstoestande, ’n eier per dag. Kommersieel-hibriede lêhenne, byvoorbeeld, produseer aansienlik minder eiers wanneer die weersomstandighede warm en vogtig is, teenoor ’n matige klimaat.

Eiers is eers klein, maar word geleidelik groter. Die hoeveelheid en kwaliteit van die eiers sal halfpad deur die siklus toeneem en dan weer afneem. Kleinskaalse boere of boere wie se hoenders self kos soek en daarom nie hoë voerkoste het nie, besluit soms om die voëls vir nóg ’n produksiesiklus te hou. In intensiewe produksiestelsels word die voëls egter aan smouse verkoop wanneer dit meer finansiëel sin maak om die voëls te vervang, gewoonlik vanaf die 69ste week van produksie.

Bemarkingstipes

Eierprodusente kan hul eiers direk vanaf die plaas, van deur tot deur of via straatverkopers, produsentmarkte of kleinhandelaars verkoop.
Dit maak ekonomies sin om die bemarking self te doen as jy ’n klein produseerder is, maar dit kan tydrowend wees en veroorsaak dat 'n produsent minder tyd het om aan die produksie tyd te spandeer as die operasie groter is. Vervoer, verpakking en die handelsmerk kan ook koste verhoog.
Alternatiewelik kan produseerdes marktussengangers gebruik. Hulle kollekteer die eiers op ’n kommissiebasis, of op hul eie onkoste en verkoop dan die eiers op plaaslike markte, aan groothandelaars, kleinhandelaars, restaurante, hotelle, hospitale ensovoorts. Hierdie marktussengangers sluit reishandelaars, markagente, onafhanklike verwerkers of produsente in.
Dit kan dalk 'n goeie idee wees om ’n koöperatiewe produseringsverpakkingsmaatskappy te begin in gebiede waar daar ’n groep boere is wat eiers produseer.
Die grootste voordeel hiervan is dat die koöperasie die belang van die boere sal dra, omdat dit bestuur word deur en vir diegene wat dit gebruik, eerder as diegene wat dit besit.

Eier Kwaliteit

©Chris Daly
Elke mark het sy eie voorkeure, beheermaatreëls of minimum standaarde, asook verpakking- en siektebeheer. Dit is nie net grootte en kwaliteit wat belangrik is nie. Sommige markte verkies selfs eiers met ’n spesifieke dop- of eiergeelkleur. Niemand in Suid-Afrika mag eiers vir menslike verbruik verkoop as dit nie voldoen aan Suid-Afrikaanse wetgewing nie.

Waardebyvoeging

Boere kan waarde tot hul produkte toevoeg deur middel van verwerking. Hulle kan, byvoorbeeld, gekookte of vloeibare eiers verkoop. Waarde sal ook bygevoeg word deur middel van verpakking en deur die gebruik van ’n handelsmerk om die produk bo ander produkte te laat uitsteek.

Translated by Nina Joubert