Eiergehalte-Onderhoud

© Chris Daly

Om verswakking te voorkom, moet eiers so spoedig moontlik na verbruikers vervoer word. Die eiers moet ook onder 13 grade Celsius gestoor word. Moet nooit eiers in die son of in ’n baie warm kamer los nie. Die Voedsel- en Landbouorganisasie (FAO) van die Verenigde State stel die volgende stappe voor om die verswakking van eiers te voorkom:

  • Beweeg die eiers so vinnig as moontlik na ’n donker, goed geventileerde kamer of ondergrondse kelder nadat dit gelê is.
  • Verkoelde stoorkamers of elektriese waaiers kan gebruik word indien elektrisiteit beskikbaar is.
  • As daar nie elektrisiteit beskikbaar is nie, kan die eiers in die skaduwee of 'n donker kamer geplaas word en met groen blare bedek word om die temperatuur verder te verminder.
  • Die eiers kan in 'n wye-mond kleipot gebêre word wat in die grond, tot die helfte van die hoogte van die pot, begrawe word. Die binnekant van die pot moet met gras uitgevoer word om te verhoed dat die eiers oortollige vog absorbeer. ’n Dun lap moet bo-op die eiers geplaas word om lugbeweging toe te laat. ’n Laag sand en grond word om die pot versprei en water moet gereeld in die dag oor die pot gesprinkel word om dit koel te hou. Die eiers moet een keer per dag gedraai word.
  • In droë klimaatstoestande kan die eiers in mandjies in 'n hout- of draadraamkas gebêre word. ’n Waterskinkbord word bo-op die boks geplaas, met stukke sakke wat in die skinkbord hang en gerangskik word sodat die nat sakke oor die sykante hang.

Vuil Eiers

©Chris Daly
Die mees doeltreffende en eenvoudigste manier om vuilgeid en vlekke van doppe te verwyder, is deur dit te was. Die water kan egter bakterieë bevat wat die eierdoppe kan binnedring.
Volgens die FAO moet die skoonmaak van eiers verkieslik gedoen word met ’n reuklose skoonmaakmiddel, of met warm water van ongeveer 38 grade Celsius.
Die nadeel is egter dat die skoonmaakmiddels duur of onbeskikbaar is en dat warm water die eierdoppe kan kraak. 'n Ander alternatief is om droë skuurmiddels te gebruik om die eiers skoon te skraap. Die FAO stel voor dat dit versigtig gedoen word om skade aan die eierdoppe te voorkom.

Dop Oilie

©Chris Daly
Eiers kan, volgens die FAO, bedek word met ’n dun film van spesiale, reuklose, lae-viskositeit minerale olies om verdampingsverliese te verminder. Die gebruik van hierdie olies is veral voordelig vir eiers wat 'n paar maande in koue store, met temperature bo 21°C, gehou word.
Waar eiers hoë temperature moet weerstaan, stel die FAO voor dat hulle van vier tot ses uur na hulle gelê is, geolie word. Indien hulle teen ’n temperatuur van 0°C gestoor word, moet hulle 18 tot 24 uur na hulle gelê is, geolie word.

Translated by Nina Joubert