Eagle Ray
Arendsrog

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Arendsrog, duiwelsrog

Ander in die familie

Bonnet, Smooth-tail, Manta, Common, Bull, Cownose, Devil

Wetenskaplike naam

Myliobatidae

Grootte

Tot 3 m vlerkspan.

Identifikasie

Geronde liggam met driehoekige vlerke. Kop is bokant lyf. Donker aan die bokant, van swart tot grys, soms met kolle of donker patrone. Wit onderkant. Oë is aan die kante van die kop.

Algemene Inligting

Die Myliobatidae familie bestaan uit 7 genra en 42 spesies. Baie vinnige swemmers. Stert is langer as die lyf. Sommige arendsrôe het ‘n snoet. Mond aan die onderant geleë. Plat, chevronvormige, sypaadjie-agtige tande word gebruik om om voedsel fyn te druk. Ovovivipaar. Babas word ten volle ontwikkel gebore.

Voeding

Weekdiere en skaaldiere.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Verspreiding

Arendsrog - Myliobatis aquila
Flapnose ray - Rhinoptera javanica
White-spotted eagle ray - Aetobatus narinari