Dit was waarskynlik tydens die 18 de eeu dat die eerste Tsonga-sprekendes die voormalige Transvaal ingegaan het. Hulle was in wese handelaars wat riviere in die binneland in gevolg het waar hulle lappe en krale geruil het vir ivoor, koper en sout.
In die vroeë 1820's het mede-taalkundiges, wat van die kus weggestoot is deur Nguni stropers, by hulle aangesluit. Tydens hierdie fase het die Tsonga wat op die kusvlaktes gelewe het bestaan uit los groepe van verwante mense met dieslefde taal, wat 'n paar onderskeidende gebruike gedeel het sonder 'n enkele beheerliggaam identiteit. Hul klein groepies kon slegs beperkte weerstand bied teen die invallende Nguni.
Die laaste Nguni groep om die gebied in te kom was 'n oorblyfsel van die Ndwandwe weermag, onder Shoshangane, wat 'n nederlaag gely aan die hande van Shaka en sy Zoeloes impi's op die Mhlatuze rivieroewers naby die hedendaagse Ulundi. Die vlugtelinge het hulself gevestig langs die Tembe-rivier, suid-oos van die hedendaagse Swaziland, maar kort voor lank het hulle teen die Tsonga gedraai, wat noord beweeg het na die Limpopo-vallei. 'n Ongemaklike vrede het ontwikkel soos die Ndwandwe (of Shangaan) begin het om Tsonga-sprekendes in hul geledere op te neem.
Die Nguni staat op Zululand se noordgrens, wat dien as tuiste vir politieke andersdenkendes en die belangrike handelsroete na Lourenço Marques (nou Maputo) bedreig, was 'n irritasie vir die Zulu. 'n Nuwe Zulu ekspedisie is in 1833 noord gestuur om Shoshangane aan te val en sy bondgenote te straf. Hulle het Lourenço Marques oorwin en het die goewerneur van die dorp op die strand met pale deurboor. In die aangesig van hierdie Zulu herlewing het Shoshangane en sy volgelinge van hul nedersetting in die laer Limpopo-vallei gevlug. Hulle het tot by die Zambezirivier gevorder voordat hulle Suid is om hulle in Mosapa (Zimbabwe)te vestig.
Van hier het Shoshangane die Shona-sprekende Ndau begin onderwerp en inkorporeer. Die gebruik van sy uitgebreide magte het sy mag oor die gebied tussen die Zambezi-rivier en Delagoabaai versterk. Stadig maar seker het die Gaza-koninkryk, vernoem ter ere van Shoshangane se oupa wat in die distrik Mkuze van Zululand gewoon het, begin te voorskyn kom langs die oostelike rand van die platorand en in die bosse van die kusvlaktes. ʼn Tydperk van relatiewe vrede het gevolg, waartydens die Ndwandwe uit die suide en die Tsonga, wat vir eeue in die streek was, geleidelik mekaar beïnvloed het. Dit is verskerp na 1838 toe baie van Shoshangane se soldate gesterf het in 'n pokke-epidemie, en hy terug verhuis het na die Limpopo-vallei.
Sy troepe het die gebied verwoes toe hy sy vyande gestraf het deur hulle vroue en kinders as slawe aan te hou en daarop aan te dring dat swaar belasting betaal word. Hierdie onrus het veroosaak dat twee strome vlugtelinge uit die kusvlakte padgegee het. Die Nkuna en ander klein groepies het wes langs die Olifantsrivier beweeg om by die Sotho-sprekende stamme van die Kaha en Lovedu op die westelike Laeveld aan te sluit.
Die tweede golf van vlugtelinge (Maluleke, Baloyi, Tshauke en Sono) het die Limpopo gevolg om hulle te vestig langs die Levubu (Pafuri) River of in die laaglande aan die oostekant van die Soutpansberg en die Drakensberge. Klein groepe vlugtelinge het hulle hoofmanne behou deur hulle in onherbergsame, hoë malaria risiko areas te vestig.
As hulle in die gesonder hoogland wou leef moes hulle die beskerming van leiers soos die Sotho-sprekende Modjadji, Podile en Maake in die suide en die Venda-sprekende Pafuri in die noorde soek. In die 1850s het die Tsonga immigrante hulle in die Spelonken onderpunt van die Soutpansberg gevestig waar 'n Portugese avonturier, Joao Albasini, 'n persoonlike koninkryk gebou het uit die winste wat gemaak is uit die verkoop van slawe en ivoor.
Terwyl die Tsonga vlugtelinge in die binneland begin het om klein gemeenskappe te vorm, moes hul volksgenote op die kus voortgesette politieke woelinge weerstaan. In 1858 sterf Shoshangane en die koninkryk begin disintegreer terwyl sy seuns, Muzila en Mawewe koppe stamp oor wie die hoofmanskap moet oorneem. Shoshangane het Muzila aangewys as opvolger, wat Mawewe betwis het en dit toe tot byna 10 jaar van volgehoue gevegte gelei het. Aangehelp deur Albasini en handelaars by Lourenço Marques het Muzila die oorhand gekry.
Mawewe het na Swaziland gevlug, waar hy die hulp van koning Mswati l gesoek het en uiteindelik homself in die noorde van Swaziland op die grens met Gazaland gevestig het. Muzila het die middelpunt van die Gaza staat terug na die veiligheid van Mosapa verskuif en dit het die Delagoabaai binneland onbeskermend gelaat.
Elke winter het die Swazi verwoestende aanvalle in die gebied van stapel gestuur. In 1884 gesterf Muzila en sy seun Gungunyana volg hom op. Die nuwe koning het vinnig beheer oor suidelike Gazaland probeer bevestig. In 1889 verhuis hy sy hoofstad na die laer Limpopo, wat die suidelike dele van sy ryk koloniseer.
Die daaropvolgende ontwrigting begin met 'n nuwe golf van immigrasie in die Transvaal in en het Gungunyana in konflik met die Portugese gebring.
As die natuurlike hawe vir die Witwatersrand, het Lourenço Marques gegroei met die ontdekking van die nuwe goudvelde. Dit het die Portugese die begeerte en manier gegee hoe om beheer oor die suide van Mosambiek te kry. In 1895 het 'n ekspedisie van Lissabon vir Gungunyana verslaan en hom na die Azoren verban.
Sy seun Thulilamahanxi, wat minderjarig was en Mpisane die heerser het na die Zuid-Afrikaansche Republiek gevlug en hulle noord van die rivier Sabi langs die voet van die Drakensberge in die huidige distrik van Mhala gevestig.
Die volslae onderdrukking van die Gaza is twee jaar later voltooi toe 'n opstand gelei deur een van Gungunyana se generaals genadeloos verslaan is. Dit begin 'n nuwe golf van emigrasie met die oorblywendes van die Gaza Ryk wat die grens oorsteek en in die Transvaal ingaan. In 1910 doen Mpisane afstand van sy heerskappyskap ten gunste van Thulilamahanxi, wat deur die familie raad as erfgenaam in die afwesigheid van die steeds verbande Buyisonto as die wettige opvolger van Gungunyana erken word. In 1922 het Buyisonto uit ballingskap gekom en na Mhala verskuif om die leier van die afstammelinge van die ou Gaza koninkryk te word.
Teen hierdie tyd het die saamgestelde Tsonga-sprekendes uit sowat vier persent van die totale Suid-Afrikaanse bevolking bestaan. In die Transvaal het hulle in spesifieke gebiede gewoon. In die noorde het baie groot kapteinskappe, soos dié van Xikundu, Mhinga, Xigalo en Makuleke, reserwes aangrensend of naby die Kruger Nasionale Park beset.
Verder Suid bly verspreide gemeenskappe wat 'n bestaan maak uit 'n lewe in die Laeveld. Naby die bolope van die Levubu en Klein Letaba riviere het Christelike bekeerlinge gebly op Switserse Mission plase by Valdezia, Elim en Kurulen, met hul kinders wat die gevierde Lemana College bygewoon het.
Verder suid het die Nkuna en verskeie klein groepies gewoon op die rand van die Platorand. Die afstammelinge van die Nguni-sprekende Sjangaans, met hul-Tsonga pratende vroue en volgelinge, beset die land tussen Acornhoek-Bosbokrand en die suidelike punt van die Kruger Park.
Waarskynlik die grootste enkele groep van Tsonga-sprekendes was in die Ingwavuma-Ubombo distrikte in die noorde van Zululand. Dit is die seuns van die Maputo (Mabudhu in Zoeloe), wie se koninkryk in twee gesny is deur die grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek. In teenstelling met die Tsonga in die Transvaal, het hulle noue bande met die Zulu.
Translated by Wilma Koeppen