Coelacanth
Selakant

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Selakant

Alias

Ou vierbene

Wetenskaplike Naam

Latimeriidae

Grootte

Tot 1,7m

Identifikasie

Fris liggaam met goot, oorvleuelende benerige skubbe. Die skubbe het tand-agtige uitsteeksels. Twee groot rugvinne en anale vinne lyk eenders. Groot, geronde stertvin. Metaalagtige donkerblou met onreëlmatige ligte kolle oor die liggaam.

Algemene Inligting

Die Latimeriidae familie bestaan uit 1 genus en 2 spesies. Eens beskou as uitgestorwe, maar herontdek in 1938. Die eerste een is aan die kus van Oos Londen gevang, naby die Chalumna rivier. Word gevind in diep water (100-400m) in grotte en splete. Borsvinne en anale vinne word gebruik in ‘n “loop”beweging wanneer di vis swem. Nagtelike jagters. Ovovivipaar.

Voeding

Diepsee rifvisse, rog, paling. Opportunistiese vreter. Baie stadige metabolisme, dus word baie min voedsel benodig.

Verspreiding

Bekende gebiede is Sodwana, die Comores en Indonesië.