Black Stork
Grootswartooievaar

© Nigel J Dennis
Black Stork.

Naam

Grootswartooievaar (Ciconia Nigra)

Voorkoms

Die grootswartooievaar is ’n glansende swart voël met ’n rooi snawel, oogvel en bene.

Dieet

Vis maak die grootste deel van die grootswartooievaar se dieet uit, maar mikro-soogdiere, reptiele, skulpvis en insekte voltooi die dieet.

Voortplanting

’n Pasgebore grootswartooievaar is met wit donsvere bedek en het ’n geel of oranjegeel bek. Die meeste van hulle is dieselfde lengte, net die wat later uitbroei of siek is, is korter. Die swakker baba voëltjies gaan dood en word uit die nes geskop. ’n Jong grootswartooievaar is swak en kan nie gewoonweg regop sit nie. Gedurende hierdie tyd is hulle veeragtig, lawaaierig en aggressief, veral wanneer iemand naby die nes kom. Die grootswartooievaar se vere groei heeltemal uit as dit 46 - 50 dae oud is en volwasse word, maar dit is nie glansend nie, swartbruin en die bene is ’n groenerige rooi.
Die onvolwasse grootswartooievaar verlaat die nes op 60 – 66 dae oud. Daar is een broeisel per jaar. Die eerste sit paar dae plaas die ouers kos in die jong voëltjies se bekke en later vat hulle dit vanself by die mannetjie of wyfie. Hulle kry ’n verskeidenheid kos naamlik klein vissies, paddas, akkedisse, muise, voëls (veral voëls wat op die grond broei) en insekte wat in die water leef en hulle larwes. Jong ooievaars eet ook weekdiere wat in die grasse, mos, en veral waterplante woon. Sodra die grootswartooievaar volwasse is beweeg dit saam met die broeipaar verder van die nes af op soek na kos.

Migrasie

In September vlieg die grootswartooievaar suid.

Habitat

Anders as die witooievaar, wat ’n voël van die vlaktes is, is die grootswartooievaar bo alles ’n woudbewoner. Hulle maak nes in rustige gevestigde woude in ’n groot boom met ’n oop ruimte naby wat hulle maklike toegang daartoe gee. Die grootswartooievaar se jagveld bestaan uit strome en klein riviere, moerasagtige damme en weiveld met ’n lae plantegroei. Paartjies is altyd ’n paar kilometer van mekaar af.

Verspreiding

Suidelike dele van Afrika en dele van Europa.