Tent Safari Ervaring - Aktiwiteite
Balule, Groter Kruger

Sausage Tree Safari Camp bied twee begeleide wildbesigtigingsritte aan, met sonopkoms en sonondergangs.

Wildbesigtiging

Daar is eindlose wildkyk geleenthede by hierdie tent-styl safari akkommodasie in die Kruger Park waar daar meer as 94 soogdiere, 280 voëls, 72 reptiele en vele ander fasineerende insekte, vis en amvibiese spesies is. Hier is daar ook al meer as 128 boomspesies neergeskryf, en dit sluit die boom waarna die lodge vernoem is in.

Bos Etes

Tydens jou veblyf by hierdie tent-styl safari akkommodasie in die Kruger Park word ontbyt op die oop besigtigingsdek naby die watergat bedien. Aandetes beloof om ’n herhinnering te wees wat lank nog by jou sal bly. Sausage Tree Safari Camp bied jou die geleentheid om terug te sit en sterre te kyk terwyl die maaltyd op die oop vuur gaar gemaak word.

Afrika Bos Troues

As jy graag in die bos wil trou dan is hierdie die ideale ligging vir jou. Die span by Sausage Tree Safari Camp is goed georganiseer en help jou graag reël aan jou spesiale dag. Hulle sal jou help met die fotograaf, die blomme, die kos, grimering, trou offisier en selfs ’n spa behandelig vir die bruidspaar voor die groot dag.

Fotografie Werkswinkels

Wil jy meer leer oor hoe om die wild, wat so naby aan die safari voertuig verby loop, op kamera vas te vang? By hierdie tent-styl safari akkommodasie in die Kruger Park kan jy aan ’n fotografiese werkswinkel deelneem. Die werkswinkels word in klein groepies aangebied, met ’n goeie balans tussen teorie en praktiese modules.

Addisionele Aktiwiteite

Hierdie tent-styl safari akkommodasie in die Kruger Park dien ook as ’n gerieflike basis vir gaste wat die omgewing wil ontdek en op dag-lange eksursies wil uitgaan.

In die omgewing kan additionele aktiwiteite soos die volgende aangepak word: Moholoholo Rehabilitsie Sentrum vir Wild Mikroligvlugte Die Panoramiese Roete Bootritte op die Olifantsrivier Hoedspruit se Sentrum vir Bedreigde spesies Shangaan Kulturele Sentrum Warmlugballonritte