Tent Safari Ervaring - Jou Verblyf
Balule, Groter Kruger

Akkommodasie by Sausage Tree Safari Camp is luuks, ruim, weggesteek tussen inheemse bome en effens opgelig met ’n houtplatvorm.

Jou Kamer

Sit terug, drink ’n glasie Amarula en ontspan op jou privaat besigtigingsdek wat rondom jou Afrika safari-styl tent loop. Jou suite het ook ’n pragtige uitsig oor die rivierbed, die bosveld en die Noorderlike Drakensberge in die agtergrond. Die tente is toegerus met gemaklike meubels en het ’n en-suite badkamer met ’n bad en ’n buite stort.

Elke suite het ook eko-vriendelike lugverkoeling om daardie bosveld hitte uit te hou. Hier sal jy ’n heerlike nagrus kan inkry en nie deur die muskiette en ander insekte gepla word nie. Jou tent se vensters het maasmateriaal aan die voorkant sodat jy heerlik koel en rustig kan slaap.

Lodge Fasiliteite

Gemeenskaplike ontspanningsarea
Kroeg
Wildbesigtigingsdek
Swembad
Selfoonontvangs
Wi-Fi geriewe