Tent Safari Ervaring
Balule, Groter Kruger

Sausage Tree Safari Camp is geleƫ binne die Groter Kruger Park, in die Balule Wildreservaat en bied ongesteurde wildbesigtiging en tent-styl safari akkommodasie.

Hoogtepunte

Persoonlike kamp wat deur die eienaar bestuur word
Fasiliteite vir ’n bos troue
Familie vriendelike fasiliteite beskikbaar
Ongelooflike uitsigte oor die Noordelike Drakensberg
Nie omhein nie, so diere beweeg vrylik

Jou Ervaring

Sausage Tree Safari Camp is geleë in die Balule Wildreservaat, wat ’n onomheinde grens met die Kruger Park deel en daarom deel vorm van die Groter Kruger Nationale Park. Hier is daar omtrent 40 000 hektar waarin wild vrylik kan beweeg en daarom kan jy by Sausage Tree Safari Camp opwindende wildbesigtiging verwag.

Word wakker met die uitsig van ’n kameelperd voor jou venster en sit doodstil in die oop safari voertuig terwyl ’n olifant verby die kar loop. Sausage Tree Safari Camp het wonderlike uitsigte, nie net van watergate wat gereeld besoek word nie, maar ook van die Olifants Rivier en die Drakensberg.

By hiedie tent-styl safari akkommodasie in die Kruger Park komplimenteer die persoonlike diens en aandag aan detail die beeldskone agtergrond van die lodge. Die outentieke tent-styl suites gee sjarme en ’n natuurlike atmosfeer aan Sausage Tree Safari Camp en ontbyt word op die oop besigtigingsdek bedien met die Afrika bosveld wat wakker word in die verte.

Wildbesigtigingsritte gedurende jou verblyf by Sausage Tree Safari Camp sal jou voorstel aan die beste van Afrika se wildlewe, insluitend die olifant, rensoster, leeu, buffel, luiperd, kameelperd, zebra, vlakvark, kudu en impala. Sausage Tree Safari Camp streef daarna om die lodge op volhoubare praktyke te onderhou.

Gaste wat by hierdie tent-styl safari akkomodasie in die Kruger Park bly, ondersteun indirek die konservasie van plante en diere vir die toekomstige generasies.