Gaste van Mohlabetsi Safari Lodge kan skitterende wild- en voëllewe, soos nog nooit van te vore ervaar nie, verwag.
Gaste van Mohlabetsi Safari Lodge kan skitterende wild- en voëllewe, soos nog nooit van te vore ervaar nie, verwag. Die hoeveelheid diere is grootliks te danke aan die diverse habitat, van die digte rivierbos tot die oop grasvlaktes.
Twee wildbesigtigingsritte neem daagliks in ’n oop wildbesigtigingsvoertuig plaas. Jou gids en spoorsnyer werk as ’n span saam. By hierdie intieme safari ervaring in die Balule Wildreservaat sien jy nie net hope wild nie, maar die plaaslike gids-spoorsnyerspan leer jou ook oor die komplekse ekosisteem en die mediese waardes van plante.
Ontbyt word bedien na jou oggend safari en gaste kan smul aan eiers en spek, tamaties, vars vrugte, pap, jogurt, kaas en roosterbrood van tuisgemaakte brood. Middagetes by Mohlabetsi Safari Lodge word onder ’n groot doringboom bedien en sluit slaaie, koue disse en vars gebakte brood en ’n ligte nagereg in.
Aandetes is merkwaardig en word rondom die buitelug houtvuur bedien met die nagtelike diere se geluide in die agtergrond. Die beste Kaapse wyne vergesel jou heerlike bord kos. ’n Tipiese aandete bestaan uit ’n ligte voorgereg, ’n Suid-Afrika geinspireerde hoofgereg, gevolg deur ’n skitterende nagereg.
By Mohlabetsi Safari Lodge is daar baie om te sien en te doen. Die plaaslike Shangaan buurdorp is ’n opvoedkundige kulturele uitstappie, net so is die Moholoholo Wild Rehabilitasie Sentrum.
Gholfspelers kan tyd by die naby geleë Drakensberg Gholf Klub spandeer. Daar is ook die opsie om die pragtige Drakensberg te besoek of die ewe pragtige Blyde Rivier Kloof, waar jy op ’n warmlugballonsafari kan uitgaan.