Verken Historiese Omgewings - Aktiwiteite
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Wildbesigtigingsritte by Leeuwenbosch Country House gaan twee keer ’n dag uit in die pragtige Amakhala Wildreservaat in.

Safari Wildbesigtigingsritte

Oggendritte neem jou deur die omgewing om hierdie akkommodasie en laat jou toe om die rustigheid van die reservaat met sonopkoms te ervaar. Die laatmiddag/vroegaand safari rit neem jou na ’n uitkykpunt in die Afrika bos om skemerkelkies te geniet, voordat julle verder gaan om die nagtelike diere van die bos op te spoor.

Riviervaarte

Geniet ’n ontspannende bootvaart met sonsondergang by Leeuwenbosch Country House. Sit terug en drink ’n verfrissende drankie, terwyl die boot stadig met die Bosmansrivier afgaan. Aanskou die dorse wild soos wat julle stadig verby hul beweeg en verkyk jouself aan die ongelooflike voëllewe. 

Historiese Besoeke

Leeuwenbosch Country House is geleë in die historiese Oos-Kaap wat dit ideaal maak om die vele klein dorpies in die omtrek te ontdek. Die meeste van die Oos-Kaap se dorpies is op die kus geleë. Dag besoeke aan die strand, informele gemeenskap en historiese plekke kan met ’n kar bereik word op ’n self-ry toer of ’n geleide toer.