Verken Historiese Omgewings
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Leeuwenbosch Country House is ’n goed-gevestigde luukse safari akkommodasie in die Oos-Kaap.

Hoogtepunte

Verken Historiese Omgewings
Gerestoreerde en hermeubileerde historiese familie huis
Geleë op die beeldskone Amakhala Wildreservaat
Uitstekende wild besigtigingsgeleenthede
Familie-vriendelike akkommodasie
Naby aan pragtige kusdorpies en strande van die Oos-Kaap

Jou Ervaring

Leeuwenbosch Country House is omring met verfynde elegansie en ryk aan geskiedenis. Hierdie familie-besitte luukse akkommodasie in die Oos-Kaap is generasies oud en op die beeldkone Amakhala Wildreservaat geleë. Jou besoek aan Leeuwenbosch Country House sal ’n holistiese en rustige ervaring, toegevou in Afrika se beeldskone natuur wees.

Die stil omgewing is uitstekend vir ontspan en daar is prettige buitelug aktiwiteite om aan te pak. Wildbesigtiging en wild konservasie vorm die fokus van Leeuwenbosch Country House. Neem ’n wildbesigtigingsrit en aanskou die natuurskoon van die Amakhala Wildreservaat.

Geniet ’n riviervaart op die Boesmansrivier - die perfekte manier om die verskeie voëls van die area te sien. By hierdie luukse akkommodasie in die Oos-Kaap is daar vele maniere om die pragtige landskap van die Amakhala Reservaat in te neem en meer te leer oor die ingewikkelde eko-sisteem. Tussen safari aktiwiteite deur kan jy langs die swembad luilê en met tee-tyd die ander reisigers ontmoet en stories uitdeel. Na ’n ontspannende dag kan jy ’n skemerkelkie by ’n uitsigpunt op die reservaat geniet wanneer jy op die tweede wildbesigtigingsrit van die dag saamgaan. ’n Besoek aan Leeuwenbosch Country House is histories en ontspannend – ’n luukse bos ervaring.