Alpakka Boerdery in Suid-Afrika

© Marinda Louw

In 2000, uit die streke baie hoog bo seevlak in die Andesberge van Chile, het die eerste 60 alpakkas vertrek na Suid-Afrika. Hierdie lede van die kameelfamilie het die eerste grondslagtrop geword. Daarna het verdere invoere uit Chile, Peru en Australië die alpakkabedryf in Suid-Afrika laat uitbrei tot ‘n geskatte 10 000 diere in 2019, nie almal geregistreer nie.

Alpakkas is nou ‘n geregistreerde ras in Suid-Afrika met telers en eienaars wat ondersteun word deur die South African Alpaca Breeders Society - ‘n organisasie wat ontstaan het in 2001. Alpakkas in Suid-Afrika word aangehou vir hul haar, as teelmateriaal, as troeteldiere en as hoogs doeltreffende bewakers van skaaptroppe.

Hierdie paar artikels gee ‘n algemene oorsig oor alpakkaboerdey in Suid-Afrika, sowel as inligting oor die prosessering en gebruike van alpakkahaar.

Translated by Elna Van Rhyn

Alpakka Vesel

Alpakkas is semi-makgemaakte lede van die Suid-Amerikaanse kameelfamilie. Hulle word al vir millennia gebruik vir hul duursame, sagte en iso...more

Alpakka Produksie

Alpakkaboerdery in Suid-Afrika is ‘n jong bedryf. Dit het begin in die vroeë 2000s toe 60 diere uit Chile ingevoer is deur Dr Gavin Lindh...more

Hoe om met Alpakkas te Boer

Alpakkas is semi-herkouende diere (diere met meer as een maag) wat kan oorleef in die harde toestande van koue klimate by hoë hoogtes bo se...more