Luuksheid Onder die Sterre - Aktiwiteite
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

By Kuzuko Lodge in die Addo Olifant Nasionale Park word wildbesigtigingsritte aangebied in die oggend en in die middag.

Wildbesigtiging

Daar is ook aand wildbesigtgingsritte as ’n opsionele ektra. Elke rit is ’n ander ervaring en die goed opgeleide veldwagters sal jou alles oor die diere en voëls se spore, gewoontes en habitatte vertel soos wat dit aan jou uitgewys word.

Die reservaat is die tuiste van die Groot Vyf en ander bokke. By hierdie familie-vriendelike lodge kan jy ook kleiner wild en ’n verskeidenheid voëls sien.

Jagluiperdprojek

By Kuzuko Lodge is daar ’n jagluiperd projek aan die gang. Hierdie diere is nie mak nie, maar vedra die nabyheid van mense. Gaste kan die jagluiperds van naby aanskou en met ’n kamera afneem. Hierdie jagluiperd ervaring is deel van ’n wildbesigtigingsrit maar ’n addisionele fooi word word gevra omdat hierdie fooi na die Kuzuko Fonds vir Wild Rehabilitasie gaan.  

Wild Wandelinge

Verskillende wild wandelinge is beskikbaar by hierdie familie vriendelike lodge. Daar is ’n nie- Groot Vyf area waar natuur wandelinge plaasvind. Op hierdie natuur wandelinge kan jy kameelperd en die kleiner diere van die reservaat sien, asook die plante en insekte van die omgewing ontdek. In hierdie veilige area daar is ook ’n spesiale wandeling vir kinders.

Die Groot Vyf wandeling begin met ’n wildbesigtigingsrit in die reservaat, opsoek na die spore wat op die wandeling gevolg gaan word. Hierdie stap safari laat jou toe om die diere van nader te aanskou. Geen onder 16’s word toegelaat op die wandelinge binne die Groot Vyf area nie.

Kinder Safari Aktiwiteite

Vir kinders onder die ouderdom van 5-jaar bied Kuzuko Lodge ’n verskeidenheid aktiwiteite om hulle besig te hou. Daar is inkleurboeke en puzzels in die hoof lodge en kinders bo die ouderdom van 6-jaar kan op ’n kinder safari uitgaan.

Op hierdie kinder safari’s leer die kinders op die karoo op die Boesman manier ken, deur grotte te ontdek en na die Khoisan tekeninge te gaan kyk. Kinders tussen die ouderdom van 8- en 14-jaar kan self die tradisionele verkwaste optel en die Khoisan tekeninge probeer namaak.

Kuzuko Privaat Reservaat

Die Kuzuko Privaat Reservaat het ontstaan as ’n rehabilitasie projek. Plase in die area was oor ’n tydperk in konservasie gebiede omskep om ’n natuurlike habitat vir die wild van die omgewing te skep. Vandag bestaan daar ook ’n Kuzuko Fonds en Kuzuko Lodge skep werk vir die mense van die omliggende omgewing.

Bos Etes

Aandetes word óf in die restaurant, óf in die bos braai boma vir ’n eg Suid-Afrikaanse ervaring bedien. Kuzuko Lodge se bakster is mal daaroor om die gaste te bederf – so maak seker jy loop nie die laat ontbyt of middagtee mis nie. Ligte peuselhappies, nagereg en skemerkelkies is op aanvraag beskikbaar, asook spesiale dieët versoeke. Kuzuko Lodge kan ook met voorafgaande reëlings iets vir spesiale geleenthede soos verjaarsdae bak of kook.

Gespesialiseerde Aktiwiteite

Konferensies en spanbou geleenthede kan by Kuzuko Lodge bespreek word. Additionele aktiwiteite soos aandetes in die bos, 4x4-toere of potjiekos kompetiesies kan by die spanbou geleentheid gevoeg word. Die konferensie sentrum kan 48 mense akkommodeer en daar is ’n landingstrook vir vlugte en helikopters beskikbaar.

Kom vier jou troudag by Kuzuko Lodge. Jy kan ’n regte Karoo plaas troue hê, of ’n meer kontemporêre troue by die hoof lodge, ’n bos tema braai of ’n tent troue in die Groot Vyf area – die keuses is ongewoon en joune!

Hierdie familie-vriendelike lodge bied jou die geleentheid om oeroue Khoisan Grotte te ontdek. Kom verken die oorblyfsels van ’n 400-jaar oue grot en die gepaardgaande tekeninge van die area.

’n Kosmiese Safari, aangebied deur opgeleide gidse, is ’n belewenis! Kuzuko Lodge het ’n sterrekyk teleskoop, ver weg van die stad se liggies en die gids sal vir jou die verskillende konstellasies van die Suidelike Hemelruim uitwys.