Kuzuko Lodge bied smaakvolle suites met dak-tot-vloer vensters en stoepe met panoramiese uitsigte oor die reservaat
Sommige van die suites is ook rolstoelvriendelik
Elke slaapkamer het ’n en-suite badkamer met ’n bad en ’n stort
Suites kan opgemaak word as dubbel, of tweeling kamers
Daar is ook ’n uittrek bank vir kinders onder die ouderdom van 12-jaar
Die stoepe is kindervriendelik gebou vir die kleuters en pas daarom in by die kinderbeleid van die lodge
Gaste word luuksheid onder die sterre verseker
Kuzuko Lodge het ’n restaurant, kroeg en besigtigingsdek met ongelooflike uitsigte oor die reservaat en swembadarea. Die ontspanningsarea het ’n knus vuurmaakplek vir kouer aande. Wifi is beskikbaar. Daar is ook ’n spa fasiliteit. Kinders kan ’n klimraam en speelarea geniet waar hulle tot hartelus kan hardloop en stoom afblaas. Kinderoppassers kan op aanvraag gereël word en daar is ’n kinderspyskaart en kindereetstoele.