Luuksheid Onder die Sterre
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Kuzuko Lodge – Plek van Glorie – is gebou hoog op ’n koppie in Addo Olifant Nasionale Park en is ’n natuur liefhebbers se droom, met uitsigte oor die Karoo vlaktes en die Zuurberge.

Hoogtepunte

Kindervriendelike lodge, met binne en buitelug aktiwiteite om hulle besig te hou
Verskeidenheid aktiwiteite beskikbaar: visvang, voëlkyk, sterrekyk met opgeleide gidse, rotskuns ekskursie asook ’n jagluiperd ervaring
Spa met behandelinge wat in die welwees sentrum, in jou privaat suite of langs die swembad geniet kan word -  dit sluit behandlinge vir paartjies en pamperlang partytjies in!
Stap safari’s en plant- en gogga wandelinge is ideaal vir kinders (in die nie-Groot Vyf area)
Groot Vyf wandeling; volg die spoor van die Groot Vyf en aanskou hulle van naby

Jou Ervaring

Kuzuko Lodge fokus op ontspanning en gesondheid. Die lodge bestaan uit luukse chalets en ’n hoof lodge waar jy oor jou dag se besigtinge kan praat, terwyl jy in gemak ontspan en die volgende dag se aktiwiteite beplan. Die rustigheid van die omgewing, die toegeweide personeel en die verskeidenheid fasilieite is alles daarop gerig om hierdie ’n gesonde, natuur gerigte en genotvolle ervaring te maak.

Die aktiwiteite van die dag - of dit nou wildbesigtiging of besigheid konferensies is - word aangevul met gemaklike akkommodasie en heerlike kos met toegeweide diens van die familie-vriendelike lodge se personeel. Gaste word luuksheid onder die sterre verseker.

Elke chalet het ’n mooi opgemaakte slaapkamer, ’n ontspanningsarea en ’n en-suite badkamer. Die dak-tot-vloer vensters maak op ’n stoep, wat oor die natuur uitkyk, oop. Wildbesigtigingsritte sluit ’n intieme jagluiperd ervaring in, asook Groot Vyf besigtinge.