Koloniale Luuksheid - Aktiwiteite
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Die Addo Olifant Nasionale Park is wel bekend vir sy olifant populasie, maar is ook tuiste aan die res van die Groot Vyf.

Wildbesigtiging

Hierdie diere deel die reservaat met baie ander tipe bokke, asook twee tipes sebra en die hiëna.

Op jou daaglikse wildbesigtigingsrit, terwyl jy uitkyk vir die Groot Vyf, maak seker dat jy ook laag op die grond kyk vir die kleiner diere van die area en hoër in die lug op kyk vir die uitgebreide voëllewe. Moenie vergeet van die spesiale inwoner van die reservaat nie - die miskruier wat slegs tot daardie area inheems is.

Begeleide wildbesigtigingsritte in die Addo Park neem plaas in ’n 4x4-safari-voertuig. Elephant House het hul eie gids – ’n olifant kenner met vele jare se ervaring. Hierdie gids sal jou alles vertel oor die habitat en die geskiedenis van hierde ongelooflike diere.

Bos Etes

Elephant House bied smaakvolle maaltye wat met vars bestandele gemaak word, aan. Hierdie maaltye word met kerslig bedien vir romantiese bos etes in die aand. Ligte middagetes kan op die stoep of langs die swembad bedien word, of gaste kan ’n piekniek mandjie aanvra wat hulle in die tuin of op ’n uitstappie kan geniet. Spesiale dieët versoeke kan met voorafgaande reëlings vervul word.

Spesiale Aktiwiteite

Daar is ekstra aktiwiteite in die omliggende area wat saam met jou daaglikse wildbesigtigingsritte bespreek kan word.

Wanneer jy by Elephant House bly kan jy ook perdry safari’s, kanoe avonture op die Sondagsrivier, helikoptervlugte, voëlkyk of wildbesigtigingsritte in die naby geleë wildreservate – goeie leeu besigtigingsgeleentheid – aanpak. Historiese- en kulturele toere bied jou ook die geleentheid om meer te leer en te ontdek en gee jou ’n goeie insig in die plaaslike gemeenskap se manier van lewe.

’n Aktiwiteit wat nie mis geloop moet word nie is Elephant House safari toer. ’n Toer wat na die Addo Polo Klub en dan na die uitkykpunt waar die skrywer Sir Percy Fitzpatrick begrawe is, gaan. Skemerklekies word by die uitkykpunt bedien, gevolg deur ’n besoek aan die Nomathamsanqa gemeenskap.

Die Zuurberg staproetes is ’n uitstekende manier om die plaaslike flora en voëllewe te ontdek. Vir ’n spesiale dag uitstappie, besoek Otto’s poele in die Zuurberge en sluit ’n stap langs die bergstroom in. Jy kan die grotte, watervalle en klippoele ontdek en heerlik pret hê. Sluit ’n berg braai in vir ’n onvergeetlike ervaring wat slegs ’n paar mense ooit sal geniet.