Koloniale Luuksheid
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Elephant House is ’n privaat besitte lodge in die vorm van ’n ou plaashuis op ’n beeldskone perdeplaas, slegs ’n paar minute van die Addo Olifant Nasionale Park.

Hoogtepunte

’n Eksklusiewe lodge naby aan die hoof ingang van die Addo Olifant Park
Geleë naby aan sommige van die beste gholf bane; jy kan maklik gholf en safari meng
Kinders is welkom - daar is ’n familie kamer, kinderaktiwiteite en oppassers beskikbaar
Gebruik The Elephant House is ’n luukse basis waar jy in gemak kan ontspan voordat jy uitgaan en die Sondagsrivier vallei ontdek
Perdry safaris, kanoe avonture, helikoptervlugte en kulturele uitstappies

Jou Ervaring

Elephant House, geleë op ’n plaas in die pragtige groen Sondagsrivier vallei is slegs ’n kort afstand van die malaria-vrye Addo Olifant Nasionale Park.

Dit is ’n ou plaashuis, traditioneel afgerond met ’n grasdak en bied jou die perfekte wegbreek en familie vakansie in die Addo Park. Gedekoreer met pragtige antieke stukke en ’n versameling Africana en Persiese matte. Elephant House is ’n plek van ware ontspanning, ’n toevlug vir selfs die gesoute toeris.

Hier kan jy rustig jou tyd tussen die verskeie aktiwiteite wat die Sondagsrivier vallei jou aanbied, spandeer. Die binnehof met die uitgestrekte stoep en goed versorgde tuin skep ’n vastelandse gevoel en jy kan heerlik in die buitelug uitstrek vir ’n middagslapie voor jy aangaan met die dag se aktiwiteite.

Met ’n verskeidenheid aktiwiteite in die area beskikbaar sal daar nooit ’n tekort aan vermaak wees tussen wildbesigtigingsritte op hierdie familie vakansie in die Addo Park.