The Elephant House het ’n heerlike binnehof, gemaklike stoepe met groot rusbanke, Persiese matte en ’n privaat versameling kuns.
Akkommodasie by Elephant House bestaan uit ruim suites, en ’n familie suite. Al die suites bied koloniale luuksheid en het lugverkoeling asook verhitting, en is daarom gepas vir die warmer somer maande asook die kouer winter maande. Elke suite het ’n privaat stoep, met uitsigte oor die tuin en die swembad. Die koning-grootte beddens versker ’n rustige aandrus en stel jou in staat om vir die volgende dag se avontoere reg te wees.
In die somer kan jy gebruik maak van die twee kristal helder swembaddens buite in die tuin en onder die skadubome op tuinbankies ontspan.
Daar is een familie suite, wat twee aanlopende kamers het en ’n famlie van vier kan akkommodeer.
Die atmosfeer is perfek vir ontspanning. In die kouer maande bied die ontspanningsarea warmte en gemak voor die kaggel. Aandetes word bedien in die smaakvol gedekoreerde eetkamer en vergesel met Suid-Afrika se beste wyne. As die weer dit toelaat kan ligte middagetes langs die swembad bedien word.