Huislike Bosveld Ervaring - Aktiwiteite
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Vanaf Addo Dung Beetle Guest Farm kan jy maklik na die Addo Olifant Nasionale Park toe gaan en die park met ’n wildbesigtigingsrit verken.

Wild Besigtiging

Daar is ook ’n self-ry opsie. Beide beloof vele besigtigings van olifante, maar net die een word deur ’n kenner gids gelei wat jou meer oor die area en die magiese diere sal vertel. Families wat saam op vakansie is moet egter asseblief daarvan kennis neem dat kinders onder die ouderdom van 6-jaar nie op wildbesigtigingsritte toegelaat word nie.

As geluk aan jou kant is, sien jy die hele Groot 5. Ander diere wat die reservaat ‘huis’ noem is vlakvark, sebra, gemsbok, swart wildebees, springbok en ’n verskeidenheid voëls. Luiperd word skaars gesien; uiteraard is hulle skaam en ontwykende diere, maar besigtinge het al plaas gevind.

Fotografie en Walviskyk

Moenie vergeet om jou kamera in te pak nie! Die uitsig by Addo Dung Beetle Guest Farm vra om afgeneem te word, veral met die ideale natuurlike lig met sonsopkoms en sonsondergang. Die Oos-Kaap provinsie bied die beste van beide die bos en die see. Gedurende sekere tye van die jaar kan jy meer as net landdiere afneem. Beweeg af strand toe tussen Julie en Desember en jy mag dalk die stertvin van ’n suidelike noordkaper of bultrug walvis sien. Hierdie seereuse kom elke jaar na die kuslyn toe en jy kan hulle van die strand af sien wanneer hulle uit die water spring.

Addisionele Aktiwiteite in die Area

Sitruspakhuis toere
Vierwielmotorfiets toere 
Gesondheidspa
Daniell Cheetah Breeding Camp
Oseanarium toere in Port Elizabeth
Volkswagen motortoer (van die oud tot die toekoms)
Dag toere na die strand