Huislike Bosveld Ervaring - Jou Verblyf
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

By Addo Dung Beetle Guest Farm is die luukse chalets ingerig met ’n en-suite badkamer met ’n binne- en buitelugstort en lugversorging.

Jou Kamer

Daar is ’n mikrogolfoond, klein kamerkroeg (peuselhappies en gebottelde water) televisie (SABC 1, 2, 3 & e-tv), koffie en tee maak geriewe, ’n kluis, haardroeër en Wi-Fi beskikbaar. Twee kinders mag saam bly en dan sal draagbare beddens met beddegoed of ’n bababedjie ingerig word.

Die rustieke self-sorg bos houthuise bied buitelug spoeltoilette en buitelugstorte wat gekoppel is aan die houthuisies. Hier het jy ’n pragtige uitsig oor die berg terwyl jy jou kos voorberei in die oop-plan kombuis of op die vuur. Elke houthuis is ingerig met eetgerei, breekgoed, beddegoed en handdoeke vir twee enkelbeddens, ’n waaier en muskietnet, ’n stoof, ys-kas en braai fasiliteite.

Die dung beetle suites is privaat en afgesonder, weggesteek in die bos. Gemaak van natuurlike materiaal, hulle is gebou in die vorm van ’n miskruier en kan tot 4 mense akkommodeer – ideaal vir ’n groep vriende of twee paartjies wat saam toer.