Gasvryheid en Luuksheid Wag - Aktiwiteite
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Dit word gesê dat die Addo Olifant Nasionale Park die hoogste digtheid olifante in een area in die wêreld het.

Wildbesigtiging

Die Groot Vyf deel die reservaat met baie ander tipe bokke, twee tipe sebra’s, hiëna, buffel en swart renoster. Dit is ’n voëlkyker se paradys, met besigtinge naby die rivier, op die kanoe avonture asook interressante voël besigtiginge op die begeleide stap toere.

Hierdie begeleide stap toere bied jou die geleentheid om tot by die nabye waterval te stap waar jy nie net ongelooflike voëls sal sien nie, maar ook die kleiner diere van die natuur, insluitend die miskruier.

Die wildbesigtigingsritte gaan diep in die reservaat in, word deur ervare gidse onderneem en vind plaas in die vroegoggend en laat middag en hou omtrent 4 ure aan. Jou gids sal jou meer oor die geskiedenis van die park vertel – van die oorspronklike 11 olifante in 1931 tot die ekstensiewe populasie van vandag. Jy sal dalk ook gelukkig genoeg wees om die nuut voorgestelde leeus te sien.

Bos Etes

By hierdie elegante berg lodge word jy bederf met ’n koninglike ontbyt met tuisgemaakte brode, vrugte en ander lekkernye. As die weer dit toelaat, word middagete langs die swembad bedien, op die besigtigingsdek of selfs as ’n piekniek op die rivierbank!

Smul aan die heerlike maaltye wat voorgesit word in ’n moderne Afrika styl. Camp Figtree Lodge is bekend vir hulle heerlike maaltye wat saam met Suid-Afrika se beste wyne bedien word.

Gespesialiseerde Aktiwiteite

Camp Figtree Lodge bied gaste die geleentheid om saam met hulle daaglikse wildbesigtigingsritte ’n aantal ander opwindende aktiwiteite in die omliggende area te bespreek.

Perdry safari’s is een van hierdie aktiwiteite en bied ’n ongewone aanraking met die natuur. ’n Aand wildbesigtigingsrit kan ook bespreek word, gevolg deur ’n ster beligte braai in die buitelug boma. Voëlkyk op een van die bos wandelinge is altyd interressant. Anders kan voël liefhebbers op ’n kanoe avontuur op die Sondagsrivier uitgaan, gevolg deur ’n piekniek op die rivierbank.

Binne die eko reservaat waarop hierdie lodge geleë is, kan jy ook uitgaan op ’n rustige sonsondergang wandeling, Gaste kan ’n opwindende bergfietsrit onderneem, of ’n ster ontdekkingsreis deur die teleskoop begaan.