Gasvryheid en Luuksheid Wag - Jou Verblyf
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Camp Figtree Lodge in die Addo Olifant Nasionale Park bied ’n verskeidenheid privaat, luukse suites aan.

Jou Kamer

Die Superior Suites is gedekoreer met fyn antieke en persiese matte. Elkeen van hierdie suites het beeldskone koloniale meubels en ’n en-suite badkamer. Die suites se privaat besigtigingsdekke het uitsigte oor die lodge se tuin, die Addo Olifant Park en die berge in die verte.

Ewe mooi is die Superior Boardwalk Suites, hierdie suites is geleë bo in die bergkloof en spog met asemrowende uitsigte. Die Luxury Suites het ’n soortgelyke uitsig en dieselfde opulente slaapkamers. Boon-op het hierdie suites ’n privaat ontspanningsarea met terugvou deure en maak oop op die stoep wat reg om die suite loop.

Die Luxury Tented Suites voel asof dit uit die bekende film “Out of Africa” geneem is. Enorme beddes, intieme ontspanningsareas, en-suite badkamers en privaat besigtigingsdekke met oneindigende uitsigte maak hierdie die ideale wittebrood akkommodasie.

Die Poolside Superior Suites het ’n additionele kamer wat deur ’n aanlopende deur bereik kan word, en sodoende maklik in ’n familie kamer omskep. Hierdie suites het toegang tot ’n gedeelde, dog privaat, swembad met ’n uitsig oor die Addo Olifant Park.

Lodge Fasiliteite

Die ou-wêreld elegansie van die hoof lodge word weerspieël in die restaurant en kroeg area, waar jy fynproewersetes en aandagtige diens kan verwag. Die algemene ontspanningsarea het ’n romantiese lê plek met ’n knus, oop kaggelvuur vir koue dae.

Wi-Fi en televisie met sateliet kanale is beskikbaar, maar jy sal verseker verkies om eerder die panoramiese uitsigte van hierdie elegante berg lodge naby Addo Olifant Park in te neem vanaf die besigtigingsdek.