Gasvryheid en Luuksheid Wag
Addo Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Die heerlike Camp Figtree Lodge, slegs ’n paar kilometer van die Addo Olifant Park is ’n toevlug van rustigheid en luuksheid; die perfekte beginpunt van jou Addo vakansie.

Hoogtepunte

Geleë in ’n natuur reservaat, net buite die Addo Olifant Park
Bergpiek suites bied asemrowende uitsigte oor die Sondagsrivier vallei
Geniet ’n voëlkyk ervaring vanaf ’n kanoe op die Sondagsrivier
Sonsondergang wandelinge in die eko-reservaat van Camp Figtree Lodge
“Tand en Klou”-Safari ervaring; leeu besigtiginge op die aand wildbesigtigingsrit gevolg deur ’n braai om ’n kampvuur

Jou Ervaring

Camp Figtree Lodge, geleë op die sloepe van die Zuurberge, kyk oor Addo Olifant Nasionale Park en die Sondagsrivier vallei uit. Ervaar die romanse van Afrika onder die nagtelike hemelruim by hierdie beeldskone bestemming, waar die geluide van die bos in die vallei weergalm. Geniet ’n skemerkelkie op die elegante stoep terwyl die aand briessie oor jou waai.

Geniet ’n wildbesigtiging in ’n park wat nie net spog met die Groot Vyf nie, maar ook die digste bevolking van olifante in die wêreld. Camp Figtree Lodge bied daaglikse wildbesigtigingsritte, bos wandelinge, staptoere en kanoe avonture in en om die Addo Olifant Park.

Spandeer jou tyd tussen wildbesigtigingsritte deur langs een van die twee swembaddens rond te lê, of neem die manjefieke uitsigte in terwyl jy na omgesien word in gemak en styl deur die personeel van Camp Figtree Lodge. Privaatheid en individuele aandag is die sleutel elemente by hierdie elegante berg lodge naby Addo Olifant Park.

Hierdie elegante berg lodge naby Addo Olifant Park waarborg ’n luukse en ongewone wildbesigtigingservaring wat jy nooit sal vergeet nie!