Weiding Produksie

© University of Maryland Extension

Weivelde is plante wat gesaai of geplant word deur 'n boer om diere te voed. Weidingsplante kan 'n enkele plant of 'n mengsel van grasse en peulplante wees. Peulgewasse is plante wat stikstof uit die lug kan gebruik om dit dan op te los in die grond met die hulp van knopperige bakterieë op hul wortels. Om stikstof terug in die grond te sit is tot voordeel van ander metgesel plante wat saam met die peulgewasse groei.

Die goedkoopste manier om weiding te gebruik is om jou diere toe te laat om direk uit die veld te wei wanneer daar geen natuurlike weiplante beskikbaar is nie. Die beste tydsbeplanning is natuurlik  om weivelde beskikbaar te hê wanneer natuurlike voer beperk of van swak gehalte is. Alternatief kan weivelde geoes en gestoor word in die vorm van hooi of kuilvoer. So, beide die tydsberekening van weidingproduksie en die mengsel van weidingsplante is belangrik wanneer  weivelde gestig word.

Faktore Wat Die Aanplant Van Weiding Beïnvloed

©Pannar Saad

Bepaal die faktore wat die planttyd en spesies van weidingsgewasse sal beïnvloed, voordat die keuse van watter gewasse geplant moet word vir 'n weiveld gemaak word.

Reënval en Humiditeit
Sal weivelde geplant word in 'n somer of winter reënval gebied? Wat is die totale reënval vir die seisoen? As reënval laag is, sal jy in staat wees om te besproei? Indien nie, sal jy weidingsplante kies wat geskik is vir droëland.

Temperature
Weiding grasse word geklassifiseer in twee groepe volgens die seisoen van hul beste groeikoers - kies tussen koel-seisoen grasse of warm-seisoen grasse. Peulplante groei die beste in die lente, daarom is dit belangrik om maksimum en minimum temperature in die gebied te ken en te weet of daar ryp voorkom.

Terrein
Is die plant terrein steil en die grond geneig tot erosie weens die afloop van die water en as gevolg van wind? Is die helling noordwaarts (sonniger) of suidwaarts (koeler)?

Grond Soorte
Het die plaas ligte sandgrond of nat en swaar kleigrond? Is die grond diep of vlak? Behou dit die vog goed of loop die water en voedingstowwe maklik uit?  Napier gras (Penisetum purpureum) en Bana gras (P. purpureum x P. americanum) groei goed op moerasagtige grond, en die peulplant (serradella) floreer weer in arm sandgrond.

Besproeiing​​​​​​​
Sal weivelde geplant word tydens 'n reënval tydperk? Is water beskikbaar vir besproeiing? Indien wel, watter tipe besproeiing sal gebruik word? Het jy 'besproeiingstoerusting? Gewilde droëland grasse in Suid-Afrika is “weeping love grass” of oulandsgras ' in Afrikaans (Eragrostis curvula), ook Smutsvinger en “foxtail buffalo grass” of 'bloubuffelsgras' in Afrikaans.

Watter seisoene?
Vir watter maande sou watter weivelde nodig wees? In die somer, winter, herfs, lente of 'n kombinasie van die seisoene? Sal dit bewei word of geoes en gestoor word?

Is bevrugting nodig?
Dit is noodsaaklik om die grond te toets voordat kunsmis aangewend word om te bepaal watter voedingstowwe afwesig is. Korrekte bemesting kan verhoogde groei van die weiding en die kwaliteit sowel as die herstel van 'n weiveld  na weiding en veerkragtigheid van droogte verbeter.

Die beste effek van bemesting word gesien op goeie grond, en nie op verweerde of arm grond, wat dikwels geneig is tot die uitloop van belangrike voedingstowwe, nie. Sommige weidingsplante soos lusern het spesifieke bemesting met voldoende vlakke van fosfor nodig.

Eind gebruik van weiding?
Sal diere daarop wei? Sal dit gebruik word vir weiding, hooi of kuilvoer? Kuilvoer is vars weiding wat gesny, gepak en gelos word om te fermenteer. Weivelde kan ook gebruik word vir staandehooi - tweede weiding na weiding gesny/gewei is - of “haylage” - soortgelyk aan kuilvoer maar met 'n laer voginhoud en minder fermentasie.

Vir watter diere?
Sal weivelde gebruik word vir diere soos beeste, skape en bokke of 'n kombinasie van beeste, skape, bokke, perde, alpakkas, hase of selfs pluimvee soos rondlopende hoenders? Wat sal die ouderdom en stadium van produksie van die dier wees? Sal dit gebruik word vir suiwelproduksie diere, voeding van jonger diere of as 'n voer vir volwasse diere?

Translated by Wilma Koeppen