Die klimaat van 'n boerdery gebied bepaal die geskiktheid van 'n gewas, omdat elke gewas spesifieke klimaatstoestande vereis. Die belangrikste faktore wat die klimaat bepaal sluit in temperatuur, hitte-eenhede, positiewe koue eenhede, daglengte, relatiewe humiditeit, ryp, hael en wind.
Suid-Afrika is 'n warm, droë land, met 'n gemiddelde jaarlikse reënval wat minder as 500mm oor meer as 65% van die land se oppervlakte. Die reënval word beskou as die minimum limiet vir 'n suksesvolle produksie van gewasse wat van die reënval afhanklik is. Verskeie gewasse het baie hoër reënval vereistes, soos tee plantasies wat meer as 1 000 mm per jaar benodig.
Die seisoenale aard van reënval in Suid-Afrika maak dit noodsaaklik dat besproeiing selfs in boerderygebiede met 'n hoë gemiddelde jaarlikse reënval moet plaasvind. Die sagtevrugte gewasse in Ceres in die Wes-Kaap is 'n voorbeeld hiervan. Gewasse word besproei tydens die droë somers omdat hierdie gebied net in die winter 'n hoë gemiddelde jaarlikse reënval kry.
Omdat Suid-Afrika so 'n warm, droë land is, is die gemiddelde jaarlikse verlies van water deur verdamping baie hoog. Dus verhoog dit die behoefte vir besproeiingswater.
Makro-klimaat verwys na klimaat op 'n nasionale skaal. Groot gebiede met soortgelyke tipes klimaat word saamgegroepeer en hul grense word op 'n kaart uiteengesit. Dit kan geklassifiseer word op grond van kombinasies van verskeie klimaatstoestande se grense soos die Köppen klimaat sones.
Die Köppen klimaat klassifikasie verdeel klimaat in vyf hooftipes, verteenwoordigend deur die hoofletters A, B, C, D en E. A is byvoorbeeld tropiese en E is by die pole (baie koud).
Meso-klimaat verwys na gelokaliseerde klimaat. Verskeie tipes meso-klimaat kan gevind word binne 'n spesifieke makro-klimaat.
Die klimaatstoestand eienskappe van meso-klimaat en hul geografiese verspreiding word gewoonlik deur die topografie bepaal. Topografie sluit kenmerke in soos dale, berge en riviere.
Meso-klimaat rondom die Magaliesberg, wat oos-wes van Pretoria verby Rustenburg loop, is 'n uitstekende voorbeeld. Die middelste berghange aan die noordekant van die berg is baie warmer as die middelste berhange aan die suidekant. Daarom is dit twee verskillende meso-klimate. Die noordelike berghange kyk in die rigting van die son en 'n sekere bondel sonstrale dek 'n relatiewe nou area, en daardeur verskaf dit meer hitte per eenheidsarea.
Die noordelike hange van die Magaliesberg is rypvry en verwag hoë temperature regdeur die jaar, wat geskik is vir sitrus en subtropiese gewasseproduksie onder besproeiing. Die laagliggende berghange aan die voet van die berg het 'n heel ander klimaat as die middelste berghange Hier is die winters koud en ryp maak hierdie gebied nie geskik vir subtropiese gewasse nie.
Die verskille in Mikro-klimaat is dikwels natuurlike kenmerke wat verband hou met klein areas. Besproeiing word dikwels gebruik om 'n mikro-klimaat te verander: 'n besproeiings veld in 'n semi-droë of droë area verskil baie van die klimaat van die omliggende nie-besproeiings areas, veral in woestyn gebiede.
Translated by Wilma Koeppen