Vroeë Navorsing oor die Vredefort Koepel

© David Fleminger

Teiken: Aarde

In die 1950’s is ‘n boek met die titel ‘Teiken: Aarde’ gepubliseer waarin die skrywers beweer dat die dinosourusse uitgesterf het weens die impak van ‘n reuse meteoriet. In 1959 het Robert Dietz verskeie ‘crypto-explosion’ plekke ondersoek en vir die eerste keer shattercones identifiseer. Dietz het ook voorspel dat shattercones in die Vredefort Koepel gevind sou word, wat wel ‘n jaar later die geval was toe dit deur ‘n Suid-Afikaanse geoloog beskryf is. Dietz het voortgegaan om shattercones in die groot Sudbury Structure in Kanada te identifiseer. In die 50’s is projektiele deurlopend teen teikens vasgegooi in ‘n reeks laboratoriumeksperimente om botsings te simuleer, wat verdere gewig verleen het aan die impak-argument. Atoomtoetsing, waarin wetenskaplikes bevind het dat die energie wat vrygestel word deur kragtige bomme die omringende rotse laat smelt en skok-metamorfiese gesteentes, soortgelyk aan dié wat in kraters gevind word, geskep het, het ook ‘n rol gespeel.

Die Astro-Geoloog

In die 1960’s het mense die ruimte betree en begin om satelliet afbeeldings van die aarde-maan stelsel te neem. Dit het die gees verruim van beide wetenskaplikes en die algemene publiek. Terselfdertyd het ‘n baanbreker ‘astro-geoloog’ genaamd Gene Shoemaker ‘n deeglike geologiese ondersoek gedoen op Meteor Crater. Daarna het hy die bevindinge vergelyk met analises van ander bekende vulkaniese terreine. Die betekenisvolle verskille wat hy gevind het, het finaal bewys dat Meteor Crater veroorsaak is deur ‘n impak-gebeurtenis en nie deur vulkanisme, kripties of andersins nie. Daarna het hy die konsep van impak-wetenskap begin bevorder en geleer dat impak-gebeurtenisse katastrofiese geologiese veranderinge op aarde kon veroorsaak, en dat impak-gebeurtenisse relatief algemeen in die heelal was.

Shoemaker het ook die ruimtevaarders van die Apollo maansendings opgelei oor kraterstrukture en het hulle herinner om hul oë oop te hou vir interessante maanrotse. Die rotsmonsters wat hulle teruggebring het van die maan af het skokformasies soortgelyk aan die wat op aarde gevind is, getoon, en gehelp om die maandebat te besleg.

Vandag is Shoemaker die beste bekend as lid van die naamgewende span wat die komeet, Shoemaker-Levy 9, wat 1994 in Jupter se atmosfeer gebots het met skouspelagtige gevolge, identifiseer het. Gene Shoemaker het in 1997 gesterf en sy as is na die maan gestuur in ‘n Lunar Prospector Probe. Ongelukkig het die peiler met die aarde se oppervlakte gebots – wat aan die ou man geweldige plesier sou verskaf het.

Groeiende Kennis

Aangemoedig deur hierdie groeiende hoeveelheid kennis oor impak-gebeurtenisse, het wetenskaplikes van oor die wêreld heen begin om kraters (soos die Nördlinger Ries Krater in Duitsland) weer te ondersoek. Weer en weer het hulle shattercones, gesmelte rots, skokformasies en baie ander impak kentekens gevind soos hierbo beskryf. Die lys bevestigde impakkraters het gegroei terwyl die ondersteuners van kriptovulkanisme al minder geword het.

Translated by Elna Van Rhyn