Vredefortkoepel Krater

© David Fleminger

Twee Biljoen Jaar gelede

Ongeveer twee biljoen jaar gelede het ’n meteoriet, so groot soos Tafelberg, die aarde naby die dorp Vredefort in die Noord-Vrystaat getref. Die gevolglike 1000 megaton ontploffing het sowat 70 ㎦ van die aarde weggeskiet en ’n krater van ongeveer 380 km in deursnee is agtergelaat. Die krater is egter met verloop van tyd geërodeer en al wat oorgebly het is ’n graniet koepel wat deur die slag veroorsaak is. Hierdie kring heuwels tussen Vredefort en Parys vorm die Wêrelderfenisgebied.