Trumpetfish
Trompetvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Trompetvis

Alias

Flutemouth

Wetenskaplike naam

Aulostomidae

Grootte

Tot 1 m, gemiddeld 55 cm.

Identifikasie

Lang, langwerpige, effens afgeplatte liggaam. Lang, buisvormige snoet met kort voeldrade aan die punt. Klein mondjie vooraan die snoet. Geronde stertvin en small buikvinne. Rug- en anale vinne na-aan die stert. Geel, maar kan kleur verander na bruin met strepe tydens ‘n jagtog.

Algemene Inligting

Die Aulostomidae familie bestaan uit 1 genus en 3 spesies. Soms verwar met Cornetfish, wat smaller en silwerkleurig is. Al waargeneem tydens ‘n jagtog oor die rif met kop in ‘n afwaartse posisie. Gebruik soms duikers as lokvalle om prooi in die hande te kry. Suig prooi in deur monbaie vining oop te maak. Pelagiese kuitvis.

Voeding

Leef van klein visse wat in skole op die riwwe voorkom.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.