Tree Squirrel
Boomeekhoring

© Shem Compion

Naam

Boomeekhoring (Paraxerus cepapi)

Orde

Rodentia (Knaagdier)

Familie

Sciuridae (Eekhorings)

Voorkoms

Die totale lengte van die boomeekhoring is 350 mm waarvan die helfte die stert is. Die spesie weeg slegs 200 gram. Die kleur van die pels verskil van gebied tot gebied. In die westelike en droë gebiede is dit ’n dowwe grys en in die oostelike gebiede meer bruin.
Die kop en bene is roeskleurig. Die bors se kleur wissel van geel tot geelbruin in die ooste tot wit in die weste. Die boomeekhoring se maag is wit. Hierdie wakker en besige diertjie dra sy stert uitgestrek na agter.

Dieet

Hoofsaaklik vegetaries, maar soos die meeste knaagdiere sal dit insekte eet. Die boomeekhoring hou kos met sy voorpote vas. Hulle begrawe bymekaargemaakte saad langs boomstompe of graspolle en help sodoende boom herlewing aan.

Voortplanting

In die suidelike gebiede paar die boomeekhoring seisoenaal. Hofmaking en paring vind tydens Augustus plaas. Die wyfie gee na ’n dratyd van 56 dae tussen Oktober tot November geboorte aan drie kleintjies wat elk slegs 10 gram weeg. Kleintjies word op ses weke gespeen en verlaat die nes om self kos te gaan soek as hulle slegs 19 dae oud is.

Sosiale Gedrag

Die boomeekhoring is in wese boomlewende diere, maar hulle spandeer baie tyd op die grond op soek na kos. Wanneer hulle versteur word, sal die boomeekhoring altyd die toevlug van bome soek. Gedurende die nag slaap territoriale familiegroepe saam in gate in bome. Die kleintjies is seksueel volwasse op die ouderdom van ses tot nege maande en word dan deur die paartjie uit die groep geskop.
Die mannetjie is territoriaal en verdedig gewoonlik die gebied, maar die wyfie sal ook as daar kleintjies is. Om groep kohesie te bevorder, word ’n gemeenskaplike reuk deur die wedersydse versorging gedeel, wat dus ’n belangrike faset van die sosiale gedrag van hierdie spesie is.

Habitat

Die boomeekhoring bly in savanne gebiede, insluitend ’n wye verskeidenheid bos tipes. Hulle verkies bome met geskikte gate vir ’n nes, soos die Mopanie. As daar nie in die bome geskikte plek is vir ’n nes nie, sal dit soms gate in die grond gebruik.

Verspreiding

Die suidelike grens van hierdie knaagdier se verspreiding in Suid Afrika strek oor die bosveld savanne streke van die Noordwes, Noord- en Mpumalanga Provinsies en van hier ooswaarts na Swaziland en Mosambiek.

Spoor Beskrywing

Voorpoot is 2 cm lank, agterpoot is 3 cm lank.