Tamboti
Tambotie

© Roger de la Harpe

Naam

Tambotie [Spirostachys Africana]

Beskrywing

Bladwisselend en medium hoog. Die bas is grof en swart. Die melkerige afskeiding kan erge irritasie van die oë en vel veroorsaak. Die hout word ook glad nie vir vuurmaak gebruik nie omdat dit ‘n onaangename smaak aan die kos gee. Die spesies beskik oor ‘n mate van ingeboude beskerming teen oorbenutting deur die mens.

Koedoes vreet dit, en daarom is jagters baie versigtig om nie die maaginhoud van ‘n koedoe in tambotiewêreld naby die res van die karkas te laat kom nie. Pithout is donkerbruin met ligte en donker vlekke en die spinthout is smal en gelerig. Dis ‘n harde hout met ‘n sterk, aangename, langdurige geur, selfs soeter as sandelhout. Die aangename geur sal baie lank hou nadat die hout gesaag is en ‘n meubelstuk uit tambotiehout gemaak sal ‘n groot vertrek vir ‘n lang tyd heerlik geur.

Blomme

Tamboties blom in September en die ertjiegrootte sade ontwikkel in drielobbige kapsules wat na rypwording in November afval. As jy tussen ‘n aantal tamboties staan op ‘n warm dag in November mag jy ‘n kenmerkende geritsel hoor tusen die blare op die grond en as jy nader kyk, sal jy fyn bewegings tussen die blare onder die bome sien as gevolg van die sade wat spring.

As jy ‘n paar sade bymekaarmaak en op ‘n bord in die warm son sit, sal die springery al erger raak. Indien jy een versigtig oopmaak, sal jy ‘n larwe binne vind. Dis die skielike, sporadiese sametrekkings van die liggaam van hierdie larwe wat veroorsaak dat die boontjie ‘spring’. Hierdie is die die larwes van die klein grys motjie, Emporia melanobasis, wat op die sade teer wanneer hulle nog groen is.

Gebruike

Tambotiehout word meestal gebruik vir houtsneewerk, luukse meubels, draaiwerk en snuisterye. Weens die beperkte hoeveelhede hout beskikbaar, en skaarsheid van die boom, is dit ‘n rare hout en daarom in aanvraag vir klein, duur artikels en hoë kwaliteit meubels.

Waar hulle voorkom

Die tambotie kom voor in die Suid-Afrikaanse laeveld en Swaziland.

Veldaantekeninge

Avonturiers van die vroegste tye het tot hul skok uitgevind dat tambotiehout nadelige walms afgee wat kos vergiftig wat op die kampvuur gebraai is. ‘n Giftige lateks word afgeskei deur die onderbas van die boom en dit kan gebruik word as ‘n gif vir visse en om pylpunte mee te vergiftig.